Verbruikers knyp steeds hul beursies styf toe
Verbruikers knyp steeds hul beursies styf toe

Verbruikers knyp steeds hul beursies styf toe

Kleinhandelverkope het in dié kwartaal glad nie gegroei teenoor die vorige kwartaal nie.
Hanlie Stadler – Dit gaan beroerd in Suid-Afrika se winkels te midde van enorme druk op verbruikers se inkomste en ’n konstante styging in werkloosheid.

Kleinhandelverkope het in dié kwartaal glad nie gegroei teenoor die vorige kwartaal nie.

Dié 0%-groei wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) bekend gemaak het, voorspel niks goeds vir die land se ekonomiese groei nie, aangesien verbruikers se besteding vir nagenoeg twee derdes van die bruto binnelandse produk (BBP) verantwoordelik is. Die BBP word ook op ’n kwartaalgrondslag gemeet.

Suid-Afrika het net-net aan ’n tegniese resessie ontsnap toe die BBP in die tweede kwartaal met 3,1% gegroei het. Die groeisyfers vir die derde kwartaal sal eers op 3 Desember uitgereik word, maar intussen is kleinhandelverkope een van die eerste aanduidings van wat in dié kwartaal gebeur het.

Die Investec-ekonoom Lara Hodes sê tensy daar in die derde kwartaal sterk groei in die groot- en motorhandel was, sal die handel as geheel geen positiewe bydrae tot die BBP lewer nie. Groot- en motorhandelverkoopsyfers word Donderdag uitgereik.

Hodes sê die syfers beklemtoon die lot van die Suid-Afrikaanse verbruiker en die “magdom” uitdagings wat hulle moet trotseer. In die moeilike arbeidsmark styg salarisse kwalik, maar geadministreerde pryse soos kragtariewe hou aan om skerp te styg.

Hodes sê die kernhervormings wat in die tesourie se ekonomiese plan uiteengesit word, moet dringend tot uitvoer gebring word. Dit kan investering aandryf, wat die BBP sal lig en werk sal skep.

In September was jaargroei in die kleinhandel slegs 0,2%, die swakste sedert die 0%-groei in Maart, ses maande gelede. Maandgroei was 0,5%.

Nog ’n skoksyfer is dat verkope by algemene handelaars – waar Suid-Afrikaners die meeste van hul kos en kruideniersware koop – met 0,7% ingekrimp het teenoor ’n jaar gelede. Dis die eerste jaar-op-jaar-inkrimping tot nog toe vanjaar.

Vir die jaar tot op hede het kleinhandel met 1,3% gegroei. Dis teenoor 2018 se 2,2% en 2017 se 3,5%.

Hodes wys daarop dat die historiese gemiddelde jaargroei in kleinhandelverkope die afgelope dekade meer as 3% was.

Die FNB-ekonoom Siphamandla Mkhwanazi sê hoewel huishoudings se aptyt vir krediet relatief sterk bly, is daar baie druk op hul besteebare inkomste en neem wanbetaling op skuld vinnig toe. Daar is dus al hoe minder ruimte vir verbruikers om nog skuld aan te gaan vir besteding. “Dít, gekombineer met die agteruitgang in verbruikersentiment, dui op ’n betreklik louwarm prognose vir huishoudelike verbruiksbesteding op medium- tot langer termyn.”

Hy verwag nietemin ’n verbetering in besteding oor Swart Vrydag en Kersfees.

Die Nedbank-ekonome Isaac Matshego en Dennis Dykes sê in die lig van die swak ekonomiese syfers is daar ’n buitekans dat die Reserwebank die rentekoers op 21 November gaan verlaag. Dit sal die tweede verlaging vanjaar wees nadat die koers in Julie met 0,25 van ’n persentasiepunt verlaag is.

Hulle reken egter dis waarskynliker dat die Reserwebank die koers vir die afsienbare toekoms onveranderd sal laat. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61%