Verbod op kabeljou bron van onmin
Van 1 Januarie tot 31 Maart gaan die vang van kabeljoue suid van Walvisbaai verbied word
Des Erasmus
Die sluiting van die gebied tussen Pelikaanpunt en Sandvishawe vir kabeljouvangste van 1 Januarie tot 31 Maart 2017 word in die geledere van georganiseerde hengel as onuitvoerbaar bestempel. Selfs lede van Seevisserye se inspektoraat het toegegee dat dit uiters moeilik gaan wees om die regulasie af te dwing.
Aanvanklik is die regulasie as ‘n Aprilgrappie afgemaak, aangesien die datum van die staatskoerant waarin dit afgekondig is, 1 April 2016 was. Navraag het nou daarop gedui dat 1 April blote toeval was en dat die sluiting nou deel van die viswet is. Redes word ook aangevoer hoekom die regulasie en die gevolglike sluiting van die strandgebied net vir kabeljou is.
Gister was ‘n standpunt uit die geledere van georganiseerde hengel dat bestaande verordeninge in die hengelwet in die verlede nie behoorlik toegepas kon word nie. Nou gaan dit nog moeiliker word om die nuwe regulasie af te dwing. Wenkbroue het ook gelig oor net kabeljouvangste in die genoemde tydperk verbied gaan word. Die ander gewilde hengelvisse, steenbras, galjoen en kolstert, is nie aan die nuwe regulasie onderworpe nie.
Die tydperk 1 Januarie tot 31 Maart is jaarliks die seisoen wanneer groot kabeljoue suidwaarts na die broeiveld van Sandvishawe beweeg. Dit was ‘n tydperk waarin massiewe kabeljouvangste in die gebied suid van Walvisbaai gemaak is. In ‘n hengelaar se vangs mog volgens die bestaande verordening net twee kabeljoue van langer as 70 sentimeter in ‘n dag se vangs wees. Die wetgewing is omseil deur hengelpermitte vir ganse werkerspanne uit te neem, meer as een keer per dag tussen Walvisbaai en die suidstrande te ry en deur selfs omweë terug na Walvisbaai te volg om sodoende om die voorstaandienste van die inspektoraat te beweeg.
Die wysiging wat nou van 1 Januarie tot 31 Maart gaan geld, is ‘n verandering aan die Wet op Mariene Hulpbronne van 2000. Die wysiging geld die gebied van die hoogwagtermerk tot twee myl in die see. In hengelgeledere was ‘n verwagting dat so ‘n wysiging gaan kom, maar dat dit ‘n sluiting van die ganse gebied vir hengel vir ‘n sekere tydperk sou wees.
Die uitvoerbaarheid van die wetgewing word deur hengelaars bevraagteken. Die gebruiklike aas vir kabeljou is pelsers, maar kabeljoue byt ook aan witmossel en ander aassoorte. Die terugplasing van kabeljoue in ‘n vangs word ook bevraagteken. ‘n Groot kabeljou veg met mening wanneer dit aan die hoek kom. Sou so ‘n grote uiteindelik op die strand kom, is dit so uitgeput dat dit waarskynlik nie sal oorleef selfs wanneer dit terug in die water geplaas sou word nie. Dis ook nie elke hengelaar wat weet hoe om ‘n vis terug in die water te plaas nie.
Op Walvisbaai het ‘n senior visinspekteur, Stanley Ndara, ‘n beroep op hengelaars gedoen om hul samewerking te gee wanneer die nuwe regulasie van krag word.
Namens georganiseerde hengel en die Namibiese Hengelunie het Danie du Toit gesê voor die afkondiging van die regulasie was daar ‘n gesprek met verteenwoordigers van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne. Die hengelaars se standpunt was dat al wat nodig is, is dat die bestaande viswet net behoorlik toegepas moet word. Wysigings sal die toepassing van bestaande wetgewing nog moeiliker maak. Ingevolge bestaande regulasies mag ‘n hengelaar se daaglikse vangs net tien visse wees waaronder net twee kabeljoue langer as 70 sentimeter mag wees.
‘n Aanbeveling was ook dat die vanggebied suid van Walvisbaai net van sonop tot om 18:00 in die genoemde tydperk oop moes wees. Ná sesuur in die middag moet almal uit wees. Ook daaraan is nie gehoor gegee nie.
‘n Deurwinterde Walvisbaaise hengelaar wat anoniem wil bly, het gesê daar is hengelaars wat al die afgelope vyftig jaar kabeljoue op hul tog na Sandvishawe vang. Nogtans het die bron nog nooit afgeneem nie. Hy wil weet wat van die duisense visse wat noord van Swakopmund gevang word en of sommetjies gemaak is hoe die nuwe verordening toerisme gaan aantas. Volgens hom sukkel ‘n land soos Angola om hul kabeljoubron binne perke te hou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie