Verbod op invoere weens voëlgriep

Knopvelsiekte in Otjituuo

10 February 2017 | Landbou
Elvira Hattingh - Die ministerie van landbou, water en bosbou het gister 'n verbod aangekondig op die invoer van alle lewende voëls, pluimvee, asook pluimveeprodukte van lande af wat deur die hoogs aansteeklike voëlgriep (HPAI) geraak word.

Die kennisgewing is uitgereik kort nadat dit bekend geword het dat die virus in sekere dele van Europa, Asië en Afrika onder pluimvee uitgebreek het.

Van die lande wat geaffekteer is, sluit in Frankryk, Duitsland, Hongarye, Nederland, Pole, Swede, Oekraïne, Rusland, Denemarke, Engeland, Italië, Griekeland, Indië en Nigerië.

Alle invoerpermitte na Namibië is dus weer vir dié lande gekanselleer.

Volgens die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) is die inkubasietyperk van die siekte 21 dae.

Voëlgriep is 'n oordraagbare siekte onder voëls wat deur die A-lyn van die griepvirus veroorsaak word. Alle voëls is vatbaar vir die infeksie, hoewel sommige meer weerstandig daarteen is as ander.

HPAI word gekenmerk daaraan dat voëls skielik ernstig siek raak. Dit lei tot 'n vinnige dood met 'n sterfte­syfer van om en by 100%.

Algemene kliniese tekens sluit die volgende in: die voël se kop en kam swel en verkleur pers, die voete swel en vertoon rooi, interne organe en spiere bloei, groen diarree kom voor, die voël draai sy nek, en verlamming kom in die bene en vlerke voor.

Voëlgriep word ook veroorsaak deur die H5N1- en H7N9-subtipes en kan aan mense oorgedra word.

Mense kan deur hul oë, neus en mond met die virus in aanraking kom as hulle met siek voëls werk, die vleis van siek voëls eet of met siek voëls se spoeg of ontlasting werk.



KNOPVELSIEKTE VERSPREI

Intussen het die ministerie ook bekend gemaak dat knopvelsiekte nou by Okangeama in die Otjituuo-gebied uitgebreek het en dat sewe beeste van vyf gesinne tot dusver geraak is.

Die gebied is binne die Okakarara-kiesafdeling geleë.

Die direktoraat van veeartsenydienste het gevolglik die beweging van beeste na nabygeleë nedersettings soos Okomuparara, Okomita, Omingerenjeu, Ondjiripumua, Omaundjiro, Elandspan, Ozonjune,

Otjiwamapeta, Okahumba en Okozombo tot verdere kennisgewing verbied.

Terselfdertyd begin veeartsenydienste met aktiewe ondersoeke by Otjituuo om die omvang van die siekte te bepaal en padblokkades word opgestel om seker te maak gehoor word aan die vereistes gegee.

Die ministerie het boere in die omgewing en in die res van die land aangeraai om hul vee teen die siekte te ent. Verder moet die vermoedelike uitbreking van die siekte by die naaste staatsveearts aangemeld word.

Boere kan hul vee sulfonamides en antibiotika gee om sekondêre bakteriese infeksie te voorkom en diere te help om die siekte te oorkom.

Soortgelyk

 

Namibië: Jerusalem hoofstad van Israel én Palestina

1 dag gelede | Internasionaal

Die regering sê in ‘n verklaring hy het om groot kommer kennis geneem van die die VSA se aankondiging dat hy Jerusalem as hoofstad van...

Rynand Mudge herstel ou geboue

1 dag gelede | Omgewing

Augetto Graig Windhoek se geskiedenis het sedert 1910 en 1913 voor die historiese Gathemann- en Erkrath-gebou in die stad se hoofstraat afgespeel. Die geboue, wat...

EU-lys g'n 'swartlys'

1 dag gelede | Internasionaal

Ronelle Rademeyer “Die EU het Namibië nog nooit as 'n belasting­toevlugsoord beskou nie. Dit is 'n totale misverstand.”Só het die Europese Unie se ambassa­deur in...

Raad vir jong ondernemers

1 dag gelede | Onderwys

‘n Gids oor volhoubare ontwikkeling vir jong ondernemers in Namibië verskyn vandag in Namibia Media Holdings (NMH) se dagblaaie en is gister amptelik bekend gestel.Die...

Kalender 8 Desember

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Wees deel van die eerste weergawe StArt Art Salon vandag by die Macadam-mark. StArt Salon Volume 1 is ’n “salon-styl”-utstalling wat...

Weer vir 7 Desember

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die verre oostelike gedeeltes, andersins gedeeltelik bewolk en baie warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie maar verspreide...

Crimson House en Andra deel verhoog by kus

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die Suid-Afrikaanse groep Crimson House bring hul Gypsy Jungle-vertoning oor die feestyd na Swakopmund. Crimson house sal saam met sangsensasie Andra van 19 tot 22...

Een stem, ’n kitaar en baie Stone-emosie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die Warehouse-teater is dié plek vir kultuur, vermaaklikheid, yskoue bier en pizza in Windhoek. Hierdie gewilde landmerk het onlangs sy 5de verjaardag gevier sedert dit...

Bekendstelling van StArt Salon uitstalling by Macadam-mark

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Wees deel van die bekendstelling van die eerste volume van StArt Salon vanaand by die Macadam-mark. StArt Salon Volume 1 is ’n “salon-styl”-utstalling wat die...