Verbeterde demokratisering baat landbou
Nuwe leiers se taak is plaaslike ontwikkeling
Dr. Kobus Laubscher - Die bekende politieke kommentator, prof. André Duvenhage, lig drie belangrike pilare van demokrasie uit, naamlik verteenwoordiging, verantwoordelikheid en mandaat.
Die afgelope plaaslike owerheidsverkiesings in Suid-Afrika gee gevolg aan veranderde verteenwoordiging waaroor verantwoording met ’n duidelike mandaat gedoen sal moet word.
Strukturele skokke wat die gang van sake verander, word kragtens ekonomiese tendense eers met verloop van tyd sigbaar. Net soos die ergste droogte in menseheugenis ’n onbestuurbare eksterne skok was waarvan die gevolge oortyd uitgeboer sal moet word, kry die afloop van die verkiesing nuwe betekenis.
Meerderhede is belangrik, maar net so belangrik was die feit dat die demokrasie gewerk het. Die uitslag is ’n fundamentele skuif ten opsigte van toekomstige politieke besluitneming. Honger werkloses was nie meer tevrede met swak en afwesige dienslewering nie en die spreekwoord van beloftes maak skuld, het gestalte gevind.
Trouens, die politieke kredietwaardigheid van partye het dermate uitgelek dat nuwe leiers die mandaat gekry het om ander inset-finansiering te kry om die boerdery te herbou op grondvlak, na analogie van die ná-droogte heropbou waarna die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) in sy 2016-verslag verwys.
Die kiesers het “gepraat” en of die regerende party daarvan hou of nie, die verskil gaan kom by veranderde dienslewering op voetsoolvlak. Nasionale begrotingsaansporing sal verander net soos die droogte die nasionale regering in ’n drukgang het om bestedingsprioriteite dringend te hersien en implementering vinniger af te dwing.
Die BFAP-verslag bly uit die weer wat voorspellings betref, maar vanweë die span se bewese prestasies as betroubare takseerders van die werklikheid en gepaardgaande logiese afleidings van wat moontlik is, kan die onlangse politieke grondverskuiwing nuut gehefboom word.
Dié buro berig oor verwagte verminderde inflasiedruk wat kospryse betref en beklemtoon die dringendheid vir leiers om moeilike keuses te maak en verduidelik omvattend die wetenskap van landbou-politieke moontlikhede.
Landbou ná die droogte
Die Suid-Afrikaanse landbou sal soos die res van die substreek hergroepeer vir ’n ná-droogte heropbou om nie net huishoudelike voedselsekerheid te herstel nie, maar om daadwerklik invoeronafhanklik te word.
Hierin lê die verdere waarde van die verwerkliking van demokrasie op 3 Augustus, naamlik dat staatsbesteding nou ’n verskil moet maak op voetsoolvlak. Omvattende sekerheid, waaronder verminderde voedselonsekerheid en verbeterde indiensneming, kan besteebare inkomste vir die miljoene werkloses skep.
As verminderde werkloosheid nie haalbaar is op die kort termyn nie, kan verbeterde lewensomstandighede van miljoene op plaaslike vlak ten minste ’n nuwe impetus van hoop gee. Die heropbou van die landbou in die ná-droogte fase sal gevolglik baat vind hierby, want hulp soos welsyntoelaes wat beter bestuur gaan word, kan die vraag na landbouprodukte stimuleer. Verlangsaamde plaaspryse was nog nooit die gevolg van ooraanbod alleen nie, maar eerder een van onderverbruik. Met meer besteebare inkomste en verbeterde lewensomstandighede is daar genoeg monde in Suid-Afrika om die landbou uit ’n laeprys-siklus “te eet”.
Die prys van enige produk is ’n funksie van ’n legio faktore waarvan die statistiese betekenisvolheid meetbaar is. Ekonomiese tendense illustreer prysverloop oor tyd, en strukturele skokke soos die droogte met gevolge gevolge en oplossings word sigbaar.
Die 2016-verkiesings se uitslae sal in die geskiedenis as só ’n eksterne skok uitstaan.
Nasionale begrotings met groter klem op die oplossing van unieke plaaslike behoeftes, sal nou aan die orde kom. Primêre landbou opereer op daardie vlak en sal noodwendig baat vind hierby namate die twee oorblywende pilare van ’n demokrasie aandag kry.
Nuutverkose leiers het ’n groter verantwoordelikheid om bestaande en nuwe mandate uit te voer; beide wat prestasiegapings en versnelde plaaslike ontwikkeling betref.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie