Verbeelde woorde

02 August 2019 | Kuns en vermaak
Die digter en romanskrywer Carina Stander “skilder” nie net met woorde nie. Sy is ook ‘n uitmuntende visuele kunstenaar.

Met die bekendstelling van haar twee digbundels en twee romans het sy elke keer 'n solokunsuitstalling, 'n visueelmaking van karakters en tonele uit haar boeke, saam aangebied.

“Woorde word beelde. Verbeelde woorde. In my werk beskou ek die wisselwerking tussen beeld en woord as 'n gelyke uitlewing van dieselfde kreatiewe energie. My visuele kuns is narratief, terwyl my skryfwerk gekenmerk word deur juiste beskrywings wat 'n visuele karakter daaraan verleen,” sê Stander.

"Of dit nou digkuns of verhaalkuns of visuele kuns is: byna al my werk ontspring uit reismistiek of natuurmistiek en het trekke van die Magiese Realisme, die droomsfeer. Binne die Surrealistiese Beweging vind ons 'n uitruiling tussen kunstenaars en skrywers wat mekaar se werk illustreer of toedig. Surrealisme wil dit hê dat kuns in die dieptes van die mens, die wonderbaarlike (le merveilleux), ontstaan.

"Ek is gefassineer deur hierdie spel tussen werklikheid en bowerklikheid (surréalisme), die ontginning van die élan vitale, die intuïsie en die soeke na 'n mystère of geheim. Ek waak egter teen die surrealisme se geneigdheid tot 'n oordrewe subjektiwiteit en privaattaal; 'n metafisiese benadering wat dikwels in só 'n mate rondspring, dat dit die kunskyker of leser se aandag verloor.

"In my skryfkuns en visuele kuns rig ek my tot 'n verwysingsnetwerk met kollektiewe simbole van artistieke aard, onder andere Art Nouveau, waarskynlik omdat dit gebruik maak van vroulike motiewe en gewortel is in plantkunde en botanie. 'n Ander kunsbeweging waarmee my werk in gesprek tree, is die sogenaamde naïewe kuns. Naïewe kunstenaars volg meestal 'n landelike bestaan, daarom vind ons trekke van die folkloristiese, instinktiewe, emosionele, narratiewe, outobiografiese en primitiewe in hul werk.

Hierdie kunstenaars staan ook as Neo Primitiviste of Moderne Primitiviste bekend en hul werk impliseer 'n romantiese en eksotiese beskouing van die wêreld en van die self. Daar is ondeurdringbare bosse, herders op berge, maanverligte nagtonele en oomblikke uit die alledaagse plattelandse lewe. Naïewe kuns is egter nie altyd naïef nie. Ons vind ook slagvelde, verwaarloosde en waansinnige mense. Dit is egter dié kunstenaars se uitbeelding van 'n ongerepte, mitologiese ruimte wat tot my spreek."

Sy sê in 'n poging om die onverklaarbare te verklaar, herskep sy die werklikheid deur middel van 'n eie mitologie. "So probeer ek 'n alternatief lewer vir die bloot rasionele belewenis van realiteit."

Namibiërs sal tydens die Windhoek Woordfees die geleentheid hê om van haar kunswerke te besigtig en te koop.

Dit sal voor die Filosofiegesprek op 8 Augustus van 18:00 - 19:00 in die Operahuis (in die vierkrant by die Lemon Tree-restaurant in Liliencrohnstraat) besigtig kan word, en ook weer voor die Skrywersgesprekke op Saterdag 10 Augustus begin.

Die 7de jaarlikse Woordfees skop hierdie naweek af. Sien die volledige program op bl. 8 en besoek www.windhoekwoordfees.com vir meer inligting oor die woordkunstenaars en storievertellers.

Soortgelyk

 

Chasing your dream

11 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

11 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

11 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

11 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

11 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

11 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

11 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

11 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...