Veranderinge tot groep en land se voordeel, su00ea Stimulus
Veranderinge tot groep en land se voordeel, su00ea Stimulus

Veranderinge tot groep en land se voordeel, sê Stimulus

Dani Booysen
Stimulus Investments, eienaar van Namibia Media Holdings (NMH), het hierdie week verdere veranderinge aangekondig wat voortvloei uit dié belegger se oorname van die 50% aandele wat Media24 tevore in NMH besit het.

Die NMH-groep word geherstruktureer sodat publikasies (steeds NMH), die groep se drukkery (Newsprint Namibia) en eiendom wat aan die groep behoort, as afsonderlike bedrywe sal funksioneer.

Hierbenewens sal 20% van aandele in die groep se publikasies en drukkery as die eerste fase van ‘n inkooptransaksie met bestuur aan NMH se uitvoerende hoof, mnr. Albe Botha, verkoop word.

Stimulus bly verbind tot voortgesette gesprekke om ander bestuurslede en personeel by aansporingskemas in te sluit, het mnr. Josephat Mwatotele, direksievoorsitter van Stimulus en NMH, hierdie week aan die groep se personeel gesê.

“Dit is belangrik dat ons besluite tot voordeel van Namibië kan neem op grond van ons eie omstandighede,” het hy oor die agtergrond van hierdie veranderinge gesê.

Die veranderinge sal volgens Stimulus help om NMH meer doeltreffend te maak en sy markaandeel uit te brei. Inkoopskemas help om beleggers, bestuur en personeel se belange te verenig.

NMH publiseer Republikein, Namibian Sun en Allgemeine Zeitung, asook die gemeenskapskoerante Erongo en Windhoek Express.

As deel van hierdie vernuwings het NMH ook reeds 65% van die belang in Intouch Interactive Marketing bekom, wat nuwe stukrag aan publikasies se planne met nuwe tegnologie soos die My Info-toepassing vir slimfone gee.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!