Veranderinge op die Westelike verbypad
Maria Eiseb - Die Westelike verbypad eis baie lewens, wat 'n groot bron van kommer vir padgebruikers en Namibiese padveiligheidsowerhede is.
Mnr. Eliphas !Owos-oab, voorsitter van die Padveiligheidsraad (NRSC), sê daar is lang- en korttermynplanne wat die raad sal implementeer vir die opgradering van die pad.
“Die Paaieowerheid (RA) het ons opdrag gegee om die planne voor 31 Augustus te implementeer,” het !Owos-oab gesê.
Die spoedgrens sal van 100 km/h en 120 km/h na 80 km/h verminder word en die onwettige toegangsroete by onder meer Academia, die Universiteit van Namibië (Unam), Pionierspark Uitbreiding 1 en ook Dortmund-, Pallatium- en Hegelstraat, sal gesluit word.
By die aansluiting met Unam sal 'n vierrigtingstop, dreunhobbels en padtekens aangebring word.
“Die spoedvermindering sal voetgangerongelukke verminder. Met spoed kan nie gepeuter word nie,” het !Owos-oab gesê.
Hy het gesê voor onafhanklikheid was van die woonbuurte nie daar nie en mettertyd het woonbuurte aan die westelike en oostelike kante van die pad bygekom.
“Die pad word basies deur nuwe ontwikkelings omring. Dit was destyds 'n snelweg wat na 'n gewone pad afgegradeer is,” het hy gesê.
Volgens !Owos-oab het die owerhede destyds nie voorsiening vir voetgangers en onwettige afdraaie op die pad gemaak nie. “Hulle moes voorsiening gemaak het vir ongelukke waarin voetgangers betrokke is,” het hy gesê.
Onwettige aansluitings is vir inwoners van woonbuurte soos Dorado Park, Prosperita en Academia, en vir studente bygevoeg, het hy gesê.
“Afgesien van hoë spoed het mense boonop onwettige afdraaie geneem," het !Owos-oab gesê.
Die RA en die Namibiese polisie moet Windhoek se munisipaliteit met wetstoepassing op die pad ondersteun. Volgens !Owos-oab is die grootste kommer dat die verbypad nie veilig vir voetgangers is nie, dat daar te vinnig gery word en dat daar 'n gebrek aan wetstoepassing daarop is.
“Mense gaan drink in Katutura en ry met die Westelike verbypad terug na die woonbuurte onder die invloed van alkohol. Hulle probeer verkeersligte vermy en boonop ry hulle teen 'n hoë spoed. Dít is wat die ongelukke veroorsaak.”
Hy het voorts gesê voetgangerbrûe en -tonnels sal gebou word, maar dit moet nog ontwerp word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie