Ventertjies van die verbeelding

30 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
Dit was so hittete...
Nie die hetigheid wat binnelanders, ingespan voor Jan Tuisbly se karretjie, kort deeskant sonsteek laat draai nie. Vroeg in Desember pypkan ek, op pad terug van die kus, naelskraap die toestroming van vierwiele voor sleepwaens na die land se koeler gewestes.
Swiesj-swiesj-swjoes, kom die luukse multiterreinmonsters, stasiewaens en hul sleepsels van voor verby. Ventertjies van elke denkbare vorm en grootte; party veilig in die sleurstroom van die wind-van-voor, ander van ver sigbaar soos reuseboggels vol duinefiets, -besie, bagasie en ander baljariggeite.
Vreemd, bespiegel ek voor oppie wa. Dié blitsige opgang van die sleepkultuur. Soveel so dat \'n man soos die hoofstad se \"Trailermên\" (Vên, of so-iets) jou brood en botter suiwer wa-saam kan verdien.
Vandag is ons almal transportryers?
As kind was \'n sleepwalose vakansie, hetsy see-, plaas- of Kaapwaarts, ondenkbaar. Om \'n Ventertjie oordêntlik te laai is derhalwe een van die vroegste geheime van manwees waarby \'n pa sy seun inlyf.
(\'n Geskenkbewys om \'n waentjie van die bruidspaar se keuse ytiebôks te koop, is \'n briljante trougeskenk? Omdat die dae van tôksak en kartondoos getel is wanneer \'n man die strop om die nek neem en dalkies oor gesinsbeplanning moet besin...)
Dis hier wik. En daar weeg. Koffers, opvoustoele, koelbôks, droë proviand, speel- en kombuisgoed kan nie sommer ongedissiplineerd hul lê kry nie. Sal wees soos om die kar voor die perde te span! Mooi pak is slim pak en selftevrede sug wanneer die luik hittete toesak oor weke se pureplesierpakkaas.
\'n Bulspan wat oor die teer sing nes Kerkorrel se \"splinternuwe, funkie, rock-\'n-roll ossewa. Swiet-swiet, ossewa, ja!\"
Die taalbybel doop \'n sleepwa nogal ewe ook \"aanhangwa.\" (Katvoet manne redeneer dat hulle met die huweliksklokke ten minste twéé \"aanhangsels\" ryker word: vroulief en háár ventertjie.) Dis nou buiten die denkbeeldige bêgietsj waarmee mens alreeds opgesaal is.
Daai boeppens reistasse wat ons doodvermoeid na die volgende perron voortsleep. Herinneringe van grootword, kerkbasaars en katkisasie, skool, politieke vergaderings, klein en onbeskofter jakkalsies in die gesins- en familietuin; gedagtes aan lief wees, oud word. En alleen...
Soms raak dié gevaarte só groot dat \'n wind van voor jou maklik pens en pootjies van die pad kan ruk. Letterlik \'n nag-kar.
In hierdie geval kom die pakkuns ewe handig te pas. Omdat mens tog nie die pad kan vat met \'n leë Ventertjie nie. Bid jou aan!
Die spreekwoord lui dat krakende waens dikwels die langste loop...
Maar hierdie is \'n laai van \'n ander soort. Dis naamlik noodsaaklik dat mens gereëld afhaak, stuk-stuk afpak, bevoel, kyk en gebruik, én met groter vrede dié deur tydelik agter jou sluit? Geseënd is dié wat selfs net een keer \'n maat vind met wie hulle saam-saam, vol verbeelding, hul Ventertjies kan in- en uitpak.
Ok so hittete is ek die ander dag amper bokveld toe. Die viertrekperd se snoet staan vas in die pad noordwaarts toe \'n minibus se sleepwa wat van voor kom se as onder hom ingee. Dis vuur en vonke soos dié agterryertjie hoewe in die teer slaan en die bestuurder sy bes probeer om mede-padgebruikers se lewens te red.
Ek stop soos \'n goeie (nuuskierige) landsburger en vra of ek hand kan bysit. \"Nee. Als reg. Die vrag laai ons oor op die volgende taxi in die stoet.\"
Die man se woorde is skaars koud of sy kameraad trek langs hom in en begin pak. Nou dáár, dink ek by myself, is nou vir jou \'n grênt lewensles!
Vir die ouens wat elders rondjakker as met Hannie Huiskriek se tuistjor, en almal wat op en af of in en uit moet laai: lekker pak. En veilig ry...

Soortgelyk

 

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

4 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

4 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

5 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

9 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

19 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

19 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

19 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...