Venster van siel en psige

08 November 2018 | Menings
Dani Booysen - Die Prinsloo- en Pitt-tragedie in Swakopmund was die afgelope week van die grootste harde nuus in Namibië.

In die proses is onderwerpe soos verhoudings tussen mans en vroue, geslagsgeweld, die regstelsel en polisiëring vir die soveelste keer onder die vergrootglas geplaas.

Ook media-etiek is bygetrek weens ‘n weekblad se publisering van ‘n foto waarin die lyk van die vermeende moordenaar van ‘n balk in die moordwoning se motorhuis hang. Die Redakteursforum van Namibië se standpuntinname hierteen was belangrik.

Wyer beskou, is selfs meer grafiese foto’s, soos deesdae dikwels gebeur, ook vrylik deur lede van die publiek versprei. Sommige het die foto’s as kommentaar op koerante se Facebook-bladsye geplaas – waar sekere koerante dit verwyder het.

Benewens vir die media se hantering van ‘n kwessie soos hierdie en die vraag hoe sulke foto’s en video toenemend in Jan of San Alleman se hande beland, moet daar strykdeur ‘n groter gesprek plaasvind oor hoe ons in die algemeen op sosiale media reageer en debatteer. Dít is ‘n wêreldwye vraagstuk.

Ons gesprekke met mekaar is ‘n venster waardeur elkeen wat wil insig in ‘n groter siel en psige kan kry. Deel van daardie prentjie – ondanks talle stemme van rede – is onrusbarend. Om mekaar en ons land aan flarde te ruk, is vir baie mense tweede natuur.

‘n Enkele voorbeeld is die snert dat geslegsgeweld ‘n rasseprobleem is.

Kom ons dink voor ons in die ultra-oop kuberruim “ink”. En stel hoër maatstawwe aan onsself.

So sê ander

7 November 2018

Die Burger sê

Groot uitdagings lê voor vir Dan Plato, wat Dinsdag as die nuwe burgemeester van Kaapstad verkies is.

Hy neem die leisels oor nadat die hopelose hantering van die Patricia de Lille-debakel aansienlike verdeeldheid in die Kaapse DA-koukus, maar ook elders in die party, veroorsaak het.

Moeilike gesprekke lê voor oor die beleid en identiteit van die DA. Dit is ’n veel breër projek as die kap en steek van die persoonlikheidspolitiek wat ons die afgelope tyd in die party gesien het.

Kaapstad is nog altyd aan kiesers voorgehou as “die skitterende stad teen die heuwel” wat bewys dat die DA beter as die ANC kan regeer. Die De Lille-episode en die stad se hopelose hantering van die waterkrisis het dié beeld egter ernstige skade berokken.

Gaan Plato die koukus kan verenig en voor aanstaande jaar se verkiesing sigbare herstelwerk kan aanbring?

Hef aan lê nou voor.

• DIE BURGER (NETWERK24)

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

15 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

15 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

15 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

15 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

15 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

15 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

15 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...