Venezuela vra die wu00eareld om hulp
Venezuela vra die wu00eareld om hulp

Venezuela vra die wêreld om hulp

Dié land se ambassadeur sê Amerika se ekonomiese sanksies is eensydig en onwettig.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die ambassadeur van Venezuela in Namibië, mnr. Omar Paredes, het Dinsdag die internasionale gemeenskap om hulp teen die VSA se ekonomiese isolering van die land gevra.

Pres. Nicholas Maduro se sosialistiese regering sê Amerika se blokkering van Venezuela se banktransaksies sedert 2015 is onwettig en daarop gemik om dié Suid-Amerikaanse land se regering te ondermyn.

Paredes het in besonderhede verduidelik hoe Venezuela se bevolking onder Amerika se optrede gebuk gaan.

Hy het gesê die aankoop van kos, medisyne en ander ingevoerde produkte word deur ’n sameswering van verskeie internasionale banke, veral in Europa en Noord Amerika, geblokkeer.

Volgens die ambassadeur weerhou Portugal se Novo Banco US$1,5 miljard en die Bank van Engeland N$1,3 miljard se goudreserwes wat aan Venezuela behoort.

“Tussen 2017 en 2018 het banke in Europa en die VSA transaksies ter waarde van US$300 miljoen stopgesit, wat vir die aankoop van kos deur Venezuela se regering bedoel is,” het hy gesê.

Van 2015 tot 2018 is ’n totale verlies van US$130 miljard weens die ekonomiese afsluiting gely, het hy gesê.

Volgens Parades het Amerika se ekonomiese sanksies ten doel om te keer dat die Boliviaanse revolusie verder vorder, wat mnr. Hugo Chavez, die vorige Venezolaanse president, begin het.

Amerikaners eis beheer oor Venezuela se reuse- oliereserwe van 302 809 miljoen olievate, het hy gesê.

Oudpresident Barack Obama het om hierdie rede in 2015 gesê Venezuela is ’n bedreiging vir Amerika.

Daarná is een wet en sewe uitvoerende bevele ingestel om die Suid-Amerikaanse land ekonomies te verswak.

Daar is op sekere bates beslag gelê, ander is geblokkeer, geen onderhandelinge oor skuld is toegelaat nie, finansiële kostes en risiko is verhoog, handel in goud en kriptogeld is gestaak, sanksies is op oliehandel gehef, asook boetes op handel.

Parades beskryf Amerika se optrede teenoor sy land as ’n strategie wat die regte van die Venezolaanse bevolking doelbewus en stelselmatig skend. Die Verenigde Nasies het dit is as ’n misdaad teen die mensdom beskryf.

Die optrede is ook nie deur die Veiligheidsraad goedgekeur nie, wat dit volgens internasionale wetgewing dus onwettig maak, het hy gesê.

Intussen is omstandighede in Venezuela kritiek, sê hy.

Die regering voorsien 6 miljoen huisgesinne maandeliks van kos en oorlewingsrantsoene, het Parades gesê.

“Kinders gaan dood. Dit is verskriklik om oor te praat. Wat hulle doen druis teen die bevolking van Venezuela se menseregte in,” het hy gesê.

Die ambassadeur het Namibië vir steun op die internasionale front, maar ook in Afrika, gevra.

“Ons sou graag met banke in Afrika onderhandel, omdat Afrika nie aan Amerika se sanksies deelneem nie. Ons is gelukkig om moontlikhede te kan verken. In Afrika is ons tussen broers en vriende en hier voel ons veilig,” het hy gesê.

Intussen probeer Venezuela sy kliënte vir olie-uitvoere uitbrei.

Volgens Parades het Venezuela voor die revolusie sowat 95% van sy olie na Amerika uitgevoer.

China en Indië is nou baie belangrik vir dié land omdat hulle sy olie aankoop, hoewel hulle ook met sanksies gedreig word, het Parades gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!