Venaani looi Geingob

Die leier van die amptelike opposisie sê die staatshoof se gedrag is onaanvaarbaar.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die ongeërgde manier waarmee pres. Hage Geingob regeer, laat veel te wense oor.

So sê mnr. McHenry Venaani, leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM).

Hy sê dit is onaanvaarbaar vir iemand van die staatshoof se statuur om met sy hande in sy broeksak die media in die teenwoordigheid van ’n internasionale gas toe te spreek.

Volgens Venaani is dit onwaar dat Geingob net ’n gewone landsburger is soos die president die afgelope week gesê het. Die amp van president van ’n land stel hoë eise aan iemand, sê Venaani.

In plaas daarvan tree Geingob soos ’n “bedorwe supermens” op, het Venaani gister in Windhoek op ’n nuuskonferensie gesê.

Die PDM-leier het selfs gesê Geingob se gedrag is arrogant en herinner aan dié van die omstrede Amerikaanse president Donald Trump.

Venaani sê hy gee in die algemeen nie om wat pres. Geingob te sê het nie, maar is gegrief om te sien hoe die staatshoof ’n joernalis toesnou dat samesprekinge met mnr. Alberto Baillères niks met die joernalis te doen het nie.

Baillères, ’n Mexikaanse miljardêr wat daarin belangstel om die Erindi- Private Wildreservaat te koop, het Woensdag ’n welwillendsbesoek aan Staatshuis gebring.

Ná afloop van samesprekinge agter geslote deure wou ’n joernalis by Geingob weet wat presies in die geheim bespreek is.

Die presidensie het Woensdagaand by monde van dr. Alfredo Hengari, Geingob se woordvoerder, gesê die staatshoof verbind hom tot deursigtigheid en verantwoordbaarheid. Volgens Hengari was die gewraakte nuuskonferensie “weer eens ’n manifestasie van toewyding tot deursigtige en verantwoordbare regering”.

Boonop, lui die drie bladsy lange verklaring, het Geingob en Baillères nie alleen agter toe deure vergader nie. “Die president is deur vier kabinetsministers, insluitend die minister van grondhervorming (mnr. Utoni Nujoma), die minister van finansies (mnr. Calle Schlettwein), die prokureur-generaal (adv. Albert Kawana) en die minister in die presidensie (amb. Martin Andjaba) na die vergadering vergesel.”

PDM verwelkom nuwe lid

Op gister se nuuskonferensie in die hoofstad het Venaani aangekondig die oudjoernalis mnr. Ferdinand Tjombe het intussen Swapo vir die PDM as sy politieke tuiste verruil.

Tjombe het gesê hy beskou die amptelike opposisie as “die enigste geloofwaardige politieke alternatief”.

Syns insiens sal die PDM nie leë beloftes aan kiesers maak nie.

Hy het vriende, familie en oudkollegas genooi om sy voorbeeld te volg.

Venaani het gesê minstens 10 mense het reeds aangedui hulle wil ook by die PDM aansluit na aanleiding van Tjombe se skuif.

Die politikus het gister opnuut ’n beroep op Namibiërs gedoen om aan vanjaar se Nasionale Vergadering- en presidensiële verkiesings op 27 November deel te neem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!