Venaani: 'Land word aan hoogste bieërs verkoop'

Die regering is skerp onder skoot vir die grondtransaksie met die Russiese miljardêr, met die amptelike opposisie wat dit in die hof gaan uitdaag.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - “Namibië bevind hom in ’n waterskeidingstydperk van regeringsbestuur waarin hulle (die regering) nie die breër belange dien nie, maar vasbeslote is om die land aan die hoogste bieërs te verkoop.”
Dít was die openingsalvo gister by ’n nuuskonferensie waarin die opposisieleier en president van die Popular Democratic Movement (PDM) , mnr. McHenry Venaani, die vloer met die regering gevee het vir wat hy as die “de facto hervestiging” van die Russiese miljardêr, mnr. Rashid Sardarov, op staatsgrond beskryf het.
Kort daarna het die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) van mnr. Job Amupanda die regering met byna dieselfde woorde gekritiseer en van verskeie leuens oor die “aaklige transkasie” beskuldig.
Die PDM sowel as die AR sê dit is om presies hierdie rede dat hulle die tweede nasionale grondkonferensie, wat plaasgevind het twee weke nadat die transaksie beklink is, geboikot het.
Republikein het Woensdag onthul die regering het vier plase “vir die volle rekening” van Sardarov gekoop en verhuur dit vir ’n tydperk van 99 jaar vir ’n nominale bedrag aan hom terug.
“Skaam jou, Hage Geingob! Skaam jou en jou regering! Julle tooi die transaksie op en sê eendag sal die eiendom wat hy gaan oprig aan die regering behoort. Wie bluf julle? Niemand van ons gaan oor 99 jaar meer leef nie,” het ’n ontstoke Venaani gesê.
Hy het ook bekend gemaak dat die PMD ’n bankrekening geopen het om deur middel van skarebefondsing ’n dringende hofaansoek by die hoërhof in te dien om die tranksaksies wat aangegaan is, nietig te laat verklaar.
“Die regering het ’n presedent van onaanvaarbare proporsies geskep. Hulle vat ons vir ’n ‘ride’ en is besig om hierdie land leeg te tap.
“Dit sal my nie verbaas as mense in die ministerie (van grondhervorming) geld ontvang het om hierdie transaksie te laat deurgaan nie,” het Venaani gesê.
Catherine Sasman berig Amupanda het aan joernaliste gesê inligting oor hierdie transaksie dui daarop die regering het as “middelman” opgetree en is ’n “waterdraer” vir buitelanders.
Hy sê die AR dring op ’n volledige ondersoek deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) en die kantoor van die ombudsman. Voorts beskuldig hy mnr. Utoni Nujoma, minister van grondhervorming en sy ministerie van “onderduimse optrede”.
Die AR beskuldig die regering dat hy deur Nujoma die plase vir N$43 miljoen gekoop het en “nou agteroor buig om die Russiese miljardêr te seën vir slegs N$160 000” se huurgeld jaarliks.
Amupanda dring daarop aan dat die regering sê war hy die N$43 miljoen vandaan gekry het, of daarvoor begroot was en of die kabinet dit goedgekeur het.
Republikein het na aanleiding van die huureenkoms berig dat hoewel die regering die plase gekoop het, Sardarov deur sy maatskappy Comsar SA sowat N$43,5 miljoen namens die regering aan die eienaars oorbetaal het. Daarbenewens het hy ook ’n onbekende bedrag “vir die verlies aan besigheid” aan Rhino Farming van mnr. Claus Düvel en sy seun, Kurt, betaal.
Wat wel groot agterdog wek en wat die AR sê hom ook kwel, is dat die dokumentasie wat by die aktekantoor geliasseer is, onvolledig is. Bladsy 7 van die notariële huureenkoms ontbreek, asook die bladsye wat op bl. 8 volg.
Oor die beplande hofaansoek het mnr. Sisa Namandje, Sardarov se regsverteenwoordiger, by navraag gesê hy “weet nie op watter gronde die PMD die aansoek gaan bring nie”.
“Die indruk is verkeerdelik geskep dat die Wet op Kommersiële Landbougrond gewysig is, wat nie so is nie.
“Die transaksie is gedoen; dit is reeds geregistreer. Daar is mense aangestel wat begin werk het.
“As hulle stukke op my kliënt wil beteken, moet hulle dit doen. Ek sal my kliënt verdedig,” het Namandje gesê.
Later gister het ’n storm ook in die Nasionale Vergadering (NV) losgebars oor die verhuring van “voorvaderlike grond aan ’n buitelander”.
Denver Kisting berig die adjunkspeaker, me. Loide Kasingo, kon nie die gemoedere in opposisiegeledere tot bedaring bring nie.
Die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, het sy stilte oor die transaksie verbreek, maar niks meer gesê as wat in die onvolledige notariële huurooreenkoms staan en waaroor reeds berig is nie.
Die Swanu-leier, mnr. Usutuaije Maamberua, het die regerende party daarvan beskuldig dat hulle “opmors”.
“Hoe kan ’n mens ons voorwaardelike grond aan buitelanders verhuur?” wou hy weet.

Kommentaar

Republikein 2024-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.63 | EUR to NAD 20.23 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.45 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74518.63 Down -1.05% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.69 Down -0.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13372.72 Up +0.24% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29616.47 Up +3.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 375.43/OZ DOWN -0.0027 | Copper US$ 4.29/lb DOWN -0.0142 | Zinc US$ 2 731.40/T DOWN -2.33% | Brent Crude Oil US$ 89.93/BBP DOWN -0.0089 | Platinum US$ 962.02/OZ DOWN -0.0105 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Weather: Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.63 | EUR to NAD 20.23 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.45 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74518.63 Down -1.05% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.69 Down -0.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13372.72 Up +0.24% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29616.47 Up +3.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 375.43/OZ DOWN -0.0027 | Copper US$ 4.29/lb DOWN -0.0142 | Zinc US$ 2 731.40/T DOWN -2.33% | Brent Crude Oil US$ 89.93/BBP DOWN -0.0089 | Platinum US$ 962.02/OZ DOWN -0.0105