Venaani: Imalwa kan nie met GIPF vertrou word nie

Korporatiewe bestuur bevraagteken

24 June 2019 | Misdaad
Catherine Sasman – Die president van die Popular Democratic Party (PDM), mnr. McHenry Venaani, sê die aanklaer-generaal (PG), me. Martha Imalwa, se besluit om 17 uit die 21 aangeklaagdes in die saak van N$660 miljoen se onbetaalde lenings in die voortslepende GIPF/DCP-geldsage nie te vervolg nie is “politieke oëverblindery”.

Volgens berigte het Imalwa besluit het om die 17 weens ‘n gebrek aan getuienis nie aan te kla nie.

“Ons het die verpletterende nuus gehoor dat die PG hulle nie gaan aankla nie. Die hele ding is duidelik politieke oëverblindery wat deur die regerende party geskep is om hierdie presidensiële kommissies na bedrog en aantygings van korrupsie toe te smeer.

“Hulle sê al hierdie verslae kan nie vrygestel word nie en gaan selfs so ver as die president wat sê daar is niks nie. Hoe kan daar niks wees as meer as N$600 miljoen deur sekere Namibiërs geleen is en hulle die geld nie kan terugbetaal nie?” het ‘n gekwelde Venaani gevra.

Volgens hom is die waarde van die vermiste N$600 miljoen saam met rente vandag al meer as N$4 miljard.

“Ons doen ‘n beroep op die owerhede en die PG om haar besluit te heroorweeg. Hoe kan sy sê daar is nie bewyse nie? Geld is geleen en nie terugbetaal nie. Sy sê sy weet nie wie die geld geleen het nie. Diegene wat die geld geleen het, moet vir ons sê waar dit is, wat hulle daarmee gemaak het en hoe dit aan hulle uitgereik is,” het Venaani gesê.

As daar nie bewyse is van wie lenings van die GIPF ontvang het en dit nie terugbetaal het nie, moet die instelling se korporatiewe bestuur bevraagteken word.

“Die owerhede kan nie die hele GIPF-sage net so los nie.”

Volgens die PDM-leier win sy party tans kommersiële regsadvies in.

“Dit is baie moeilik om teen die aanklaer-generaal aan te kla, omdat jy as ‘n private lid moet aankla en die bewyse moet gebruik wat sy in die hof het. Ons twyfel of dit ooit openbaar gemaak sal word omdat ons gevra het dit moet gebeur en dit is nooit gedoen nie,” het hy gesê.

Venaani het ‘n beroep op die PG gedoen om alle bewyse openbaar te maak sodat die publiek self kan oordeel.

“Ons vertrou nie haar oordeel oor die kwessie nie. Ons dink dit is politieke oëverblindery om die magtiges en die rykes te beskerm.”

Venaani het ook in die lig van die GIPF-sage verwys na die regskommissie oor die SME Bank se verlore miljoene.

“Dit gaan dieselfde pad stap as die GIPF se vermiste miljoene. Daar gaan vertraging op vertraging wees om Namibiërs later te laat vergeet.”

Hy het ook ‘n beroep op die polisie gedoen om die vermiste GIPF-miljoene te ondersoek.

Soortgelyk

 

Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”

11 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg,...

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

11 ure gelede | Arbeid

Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir...

Nadja Namibië se mooiste

11 ure gelede | In beeld

Mej. Namibie 2019, Nadja Breytenbach (middel), is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid in die hoofstad gekroon. Haar eerste prinses is Julita-Kitwe Mbangula (links) en Johanna Swartbooi...

Weer vir 8 Julie

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, Ooste en Sentrale gedeeltes, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

/Khowese kry nuwe hoofman

11 ure gelede |

Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys. Ismael volg die ontslape hoofman...

D-Dag vir Katrina

11 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, hoor na verwagting vandag of die hoërhof reken sy is skuldig aan...

Vrae oor RCC-salarisse

11 ure gelede | Vervoer

Augetto Graig en Ogone Tlhage - Byna 400 werknemers van die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) wag in spanning om te hoor of hulle vadeesmaand betaal gaan word....

Die jeug is Namibië se grootste hulpbron

11 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibië se jeugdige bevolking is die land se grootste hulpbron. Sou dié hulpbron nie doeltreffend ondersteun word nie, laat dit reusegapings in die produktiewe...

Dit raak warmer én kouer

11 ure gelede | Weer

Die European Centre for Medium-Range Weather Forecasts (ECMWF) sê die afgelope Junie was die warmste wêreldwyd sedert 1979. Volgens dié weerkundiges was wêreldwye temperature vir...