Venaani besoek Merkel
Venaani besoek Merkel

Venaani besoek Merkel

Die opposisie-leier sal die eerste Namibiese politikus wees wat met die Duitse kanselier vergader.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die president van die DTA, mnr. McHenry Venaani, gaan vandeesmaand met die Duitse kanselier, me. Angela Merkel, vergader om onder meer oor die volksmoord-onderhandelinge en grondhervorming te praat.

Venaani sal die eerste Namibiese leier wees wat met Merkel vergader.

DTA se sekretaris vir internasionale betrekkinge, mnr. Vipuakuje Muharukua, wou met dié afkondiging gister egter nie uitbrei oor wat Venaani se agenda met Merkel is nie.

“Kom ons wag en sien,” het Muharukua gesê en beloof dat Venaani met sy terugkoms ‘n openbare verklaring sal uitreik oor die uitslag van die samesprekinge.

Muharukua het gesê die volksmoord-onderhandelinge is ‘n emosionele kwessie wat “verraderlik” deur die Namibiese regering hanteer word.

Die DTA se houding teenoor die bilaterale volksmoord-onderhandelinge tussen die twee regerings is dat die Nama en Ovaherero tradisionele gemeenskappe direkte verteenwoordiging daarin moet hê.

Muharukua het dit duidelik gestel die DTA het geen beswaar dat die Namibiese regering in die onderhandelinge betrokke is nie, maar het benadruk dat die party nie saamstem met die struktuur van die onderhandelingspan nie.

“Die Nama en Ovaherero moet gelyke partye in die onderhandelinge wees. Dit moet nie ‘n kwessie wees waar die regering onderhandel en terugvoering gee nie,” het Muharukua gesê.

Hy het bygevoeg dat die DTA nie tevrede is met die “retoriek en arrogansie” van die Namibiese regering wat glo die volksmoordkwessie as “onbeduidend bejeën as slegs nóg ‘n gebeurtenis in die Namibiese geskiedenis” wat nie spesiale aandag nodig het nie.

Muharukua het gesê die DTA stem nie saam met die Namibiese regering se houding dat hierdie “algemene onderhandelinge” is nie omdat alle Namibiërs deur die kolonialisasie en gedurende apartheid benadeel is.

“Die Nama en Ovaherero moet ‘n spesiale posisie in hierdie kwessie hê. As ander eise wil instel teen die gevolge van kolonialisme of apartheid dan moet hulle dit afsonderlik doen,” het Muharukua gesê.

Volgens hom het die DTA vóór die opstel van die onderhandelingspan sy besware met die voorgestelde struktuur aan die regering bekend gemaak, maar sê dit het geen terugvoering ontvang nie.

Hierdie versuiming, sê hy, is “kenmerkend van die Harambee-era” wat hy sê minder deursigtig as die vorige Pohamba-administrasie is.

Gedurende sy besoek aan Berlyn en München gaan Venaani ook met die Beierse premier, mnr. Horst Seehofer, asook die sekretaris-generaal van die Internasionale Demokrate-unie (IDU), mnr. Christian Kattner, vergader.

Hy gaan ook met die Windhoek Dialoog-groep in Berlyn oor moderne verkiesings, handel en migrasie tussen Afrika en Europa gesels.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!