Veldwagters maak leeuplaas skoon
Veldwagters maak leeuplaas skoon

Veldwagters maak leeuplaas skoon

Des Erasmus
Des Erasmus - ‘n Man se bril, die doppies van twee koeëls en bloedspatsels op die grond was makabere getuienis van gevegte tot op die drumpel van die dood toe die konflik tussen mens en dier Donderdag en Vrydag ‘n ernstige wending op die plaas Arendsnes, noord van Kamanjab langs die Ruacanapad, geneem het.

Die bril was die van die boer, mnr. Willem Maré, en die doppies die van die geweer waarmee hy gevuur het toe hy Donderdag en Vrydag by ‘n veepos naby die grens van die Etosha Nasionale Park deur dieselfde leeuwyfie aangeval is. Maré is Sondagmiddag ná ‘n noodrit van 270 km Vrydag uit ‘n hospitaal op Otjiwarongo ontslaan.

Van die leeuwyfie, vermoedelik gewond, was daar geen teken nie toe ‘n eerste van twee opvolgoperasies Sondag by die veepos sowat 300 meter van die Etosha-grens uitgevoer is. Die bril en doppies is daar opgetel. In die tweede geveg met die leeuwyfie Vrydag het Maré self die oop kweswond op haar skof ná Donderdag se eerste onderonsie gesien. Sy het moontlik saam met die res van ‘n trop na die veiligheid van die wildtuin teruggekeer.

Maré het gister in Windhoek aan Republikein gesê dit gaan met hom goed ondanks al sy wonde. Hy skryf dit toe aan al die gebede van Namibiërs en die sterk antibiotika wat hy deur ‘n geneesheer van Otjiwarongo toegedien is. Hy het wel goeie nuus van sy plaas Arendsnes ontvang. Dit was ‘n onderneming deur veldwagters van die ministerie van die omgewing en toerisme dat hulle besig is om sy plaas van indringerroofdiere “skoon” te maak.

Hy en sy bure ondervind ernstige probleme met olifante wat die Etoshagrens plattrap waarna veral leeus en hiënas hul grond betree.

Hy en sy vrou, Edith, se eerste 30 jaar van hul huwelikslewe sou uiteindelik gister in Windhoek saam met hul kinders en kleinkinders gevier word. Aanvanklik was dié geleentheid vir die naweek in Windhoek beplan, maar toe moes dit afgestel word nadat hy in die leeuaanval beseer en in ’n hospitaal op Otjiwarongo opgeneem is.

Hy en Edith sal vandag na Arendsnes terugkeer waar hy self na die strydperk sal gaan kyk waar hy met sy lewe daarvan afgekom het. Oor sy talle wonde sê hy hy weet nie eens hoeveel steke hy gekry het nie, maar dit is baie. Sy wonde is besig om vinnig te genees. Hy sal wel vandag op pad terug plaas toe volgens afspraak ‘n opvolgbesoek aan die dokter op Otjiwarongo bring.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067