Veldliga begin goed vir Saints, Wanderers

13 September 2018 | Sport
Die tweede ronde van die nasionale veldhokkie premierliga geborg deur Bank Windhoek is die afgelope naweek in Windhoek afgehandel.



MANS PREMIERLIGA

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST) se span het met 4-0 verloor teen BDO Wanderers wat onder afrigterskap van Johann Weyhe met nuwe energie speel.

Jan-Izak de Villiers het twee doele vir die wenspan behaal en Owen Hatton en Nathan van Niekerk elkeen een.

Saints, die nuwe voorloper met sewe punte, het met 1-0 verby die Deutscher Turn und Sportverein (DTS) gevorder danksy Wian Schickerling se enigste doel te midde van verskeie verbroude kanse vir die ligbloues.

Saints het gewys hoekom hulle die kampioene in beide die binnenshuise én die BDO Aandliga is en het hulle goeie begin van die seisoen voortgesit.

Op die openingsnaweek het hulle 'n 6-0 wentelling teen NUST opgestapel, waarvan Fagen Hansen die eerste twee treffers aangeteken het op pad na sy driekuns.

NUST het nog 'n ewe groot loesing teen die huidige titelhouer Windhoek Old Boys op die lyf geloop. Die eindtelling was 6-0 in Old Boys se guns, wat 'n driekuns deur Dylan Finch ingesluit het.

NUST het op die eerste naweek ook 'n 1-5 telling teen DTS afgestaan, hoewel hulle lank met 1-2 agter was voor die laaste drie doele die verskil laat aangroei het.

Die studente het benewens Mark Sungai se doel nóg goeie kanse geskep, maar kon nie goed genoeg afrond nie. Lenard Fick het 'n driekuns vir DTS ingeryg.

Die mansvoorloper Saints (7) het vir DTS (4) en Wanderers (3) op sy hakke.



VROUE PREMIERLIGA

BDO Wanderers se Bianca Muller en Michelle le Rouxhet elkeen twee keer die doelwagter geklop om vir hul span 'n 4-0 oorwinning teen DTS te beklink.

Saints se tweede span, die Angels, het teen NUST die grootste wegholtelling sover (12-0) opgestapel.

Anja Robberts se ses doele het haar aan die toppunt van die liga se individuele doelskieters geplaas.

Hannah Murphy en Martha Mvula het elkeen twee doele agter hul naam laat skryf.

Die Saints eerste span het Windhoek Old Boys met 3-0 verslaan, met twee doele deur Kaela Schimming.

Windhoek Old Boys het sy aanslag op koers gehou deur DTS in 'n redelike gelykop stryd met 1-0 te uitoorlê. Hul spankaptein Elzanne Erasmus het die wendoel behaal.

BDO Wanderers het die krane oopgedraai en met 6-0 teen NUST 'n bonuspunt verseker. Bianca Muller het die wedstryd met twee doele ­afgesluit en Monique Bothma, Michelle le Roux, Helé Steenkamp en Bernice Brink het ook volpunte help verseker.

Windhoek Old Boys het teen NUST ook met 5-0 geen glipse toegelaat nie.

Saints het op koers gebly deur met 2-0 teen BDO Wanderers te seëvier. Azaylee Philander en Joanne van Rooyen het die doele afgerond.

Die Saints Angels het hul karakter en deursettingsvermoë gewys deur met 1-0 die wenpunte teen Windhoek Old Boys te beklink.

Toe die stof ná die tweede naweek gaan lê, bevind Wanderers hom danksy 'n beter doelverskil as Old Boys boaan die vroueliga. Beide klubs is op sewe punte – net een voor Saints.

Die volgende ronde wedstryde word komende naweek op die astrobaan van Affiespark by Wanderers, asook die Trustco Davin-astrobaan by Windhoek Hoërskool gespeel.

Soortgelyk

 

Polisie konfiskeer kerk se luidsprekers in Oshakati

1 dag gelede | Plaaslik

Die polisie het luidsprekers wat aan die New Jerusalem Ministry in Oshakati se informele nedersetting Oneshila behoort, vandeesweek ná klagtes van rusverstoring gekonfiskeer.Volgens inspekteur Thomas...

Olifante beskadig optiese kabels naby Khorixas

1 dag gelede | Plaaslik

‘n Trop olifante het inwoners in die Noorde van die land sonder landlyn- en selfoonverbinding gelaat, nadat die optiese kabel tussen Omatjete en Khorixas Donderdagmiddag...

Skietklub lê weer aan

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting - Mnr. Norman Tjombe, die regsverteenwoordiger van die Rehoboth-skietklub, het vanoggend (Vrydag) bevestig sake is terug na normaal.Dít kom nadat die Namibiese weermag...

'Boere se veglus verdwyn'

1 dag gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh - Twee bekende boere van die Suide sê die droogte het boere op hul knieë.“Ek was gister by ’n veiling...

Egpaar herontdek skaars plantjie

1 dag gelede | Omgewing

Denver Kisting – ’n Dekaan by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Rolf Becker, en sy vrou, me. Alma Moller, het verlede...

Kalender 18 Januarie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Unam se beeldende kunste-uitstalling vir 2018 aan. Dié uitstalling is tans...

'DRK maak staat op ons'

1 dag gelede | Politiek

Inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) maak staat op lande deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om die land weer op die...

Operasie Hornkranz: Meer misdaad aangemeld

1 dag gelede | Misdaad

Augetto Graig Die Namibiese polisie het Woensdag by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege in Olympia terugvoering gegee aan die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, en die...

Weer vir 18 Januarie

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie in...