Veldbrande woed al tien dae

03 December 2021 | Ongelukke
Tanja Bause

’n Groot aantal beeste loop langs distrikspaaie noordoos van Windhoek waar verwoestende veldbrande boere tussen Steinhausen en Omitara genoop het om grensdrade te knip sodat diere nie doodbrand nie.

Hoewel dit gister nog die bekend was presies hoeveel plase deur die brand geraak is nie, word dit op meer as 60 geskat.

Die veldbrand wat verlede week Dinsdag volgens die sosiale media by die Osona- militêre basis by Okahandja begin het, brand nog steeds op verskeie plase langs die D1435 vanaf Seëis en M53 by die Onjala Lodge op pad na Steinhausen.

Die woordvoerder van die Namibiese weermag (NDF), luitenant-kolonel Tangeni Shikomba, het eers bevestig die brand het wel daar begin en toe later gesê: “My groot base sê hulle weet nie waar dit begin het nie. Die NDF weet nie.”

Volgens die eienaar van die Okarumuti Game Lodge het weermaglede Maandagnamiddag by hulle opgedaag om met brandbestryding te help.

Shikoma het gesê ’n paar weermaglede is uitgestuur om te help.

“As dit nog steeds brand, sal ek seker moet gaan kyk en dan sal ons nog soldate stuur. Miskien is dit ’n saak van dringendheid. As deel van ons diens aan die gemeenskap help ons altyd om brande te bestry. Ek weet nie hoekom ons nie hierdie keer help nie.”

Die Onjala en Karivo Lodge se weiding is gedeeltelik afgebrand. Gaste van Onjala Lodge moes Woensdag Windhoek toe gery word vir hul veiligheid. Ook gaste wat vir gister bespreek was, kon nie kom nie omdat die vuur nog nie heeltemal onder beheer was nie.

“Die soldate het die vuur begin en nou kan hulle nie eers vir ons kom help nie. Wat gaan gebeur as die lodge afbrand? Dit beteken geen werk meer vir ons nie. Nou dat gaste weer gekom het, moet ons hulle vir hul veiligheid wegstuur en die NDF is nêrens,” het ’n werker van die lodge gesê.

Ook boere op die D1435 wat besig was met voorbrande het nog geen hulp van die NDF, polisie of brandweer ontvang nie.

“Die soldate het hul deel gedoen en die veld aan die brandgesteek. Hier help net boere, hul werkers en vrywilligers om die brand te bestry en ons doen dit al van Maandag af; ons kan nie meer nie. Ons is doodmoeg. Ons het hulp nodig. Die vuur brand aan so baie kante en ons is te min om orals te wees,” het ’n boer gesê.

Die vuur wat tans in dié omgewing brand, is op pad om saam met die brand saam te smelt wat op die plaas Merino begin het.

’n Tweede brand tussen Omitara en Steinhausen op die D1435 het op die plaas Merino begin toe ’n trekker vonke veroorsaak het. Dieselfde trekker het verlede jaar ook die groot veldbrand in die omgewing veroorsaak.

Die brand het al die B6-hoofpad tussen Windhoek en Gobabis bereik.

“Hierdie is ’n ramp. Ons moet sodra die brande geblus is en ons seker is hulle sal nie weer opvlam nie, begin om ons grensdrade te herstel. Ons het hulle geknip om ons diere ’n kans te gee. Nou moet nie net hulle herstel word, maar ook al die kampe se drade wat deur die brand beskadig is. Dan moet ons ons diere weer gaan vang en terug plaas toe bring. Dit alles gaan seker so ses maande neem tot ons weer terug is tot voor die brande,” het ’n boer wat besig wat met voorbrande gesê. – [email protected]

Soortgelyk

 

‘Reëngolwe wink’

10 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Baie swaar reën, met etlike reëngolwe wat in die tweede helfte van vandeesweek en tot volgende week uitgebreid na Namibië op pad...

Lisensie of nie, staatsvoertuie ry

10 ure gelede | Polisie

Adam Hartman op Swakopmund – Verkeersbeamptes in alle streke voer steeds ’n vroeër opdrag vanuit hul hoogste gesag uit om nie verkeerskaartjies aan regeringsvoertuie met...

FNB deel van geding om Fishrot-geld

10 ure gelede | Howe

Ogone Tlhage – First National Bank Namibia het bykomende dokumente by die hoërhof in Windhoek ingedien en hom daardeur by die grootste korrupsiesaak in die...

Weer vir 13 Januarie

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm oor die westelike helfte van die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n...

Lande omseil Interpol as Namibië uitlewerings soek

10 ure gelede | Polisie

Kenya Kambowe op Rundu – Terwyl die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, die Internasionale Kriminele Polisie-organisasie (Interpol) as behulpsaam beskou, vertel ’n plaaslike polisieondersoekbeampte ’n...

Toerisme se silwer rand verdwyn

10 ure gelede | Toerisme

Henriette Lamprecht – As jy gedink het 2020, die jaar wat Covid-19 die wêreld getref het, was erg, was 2021 veel erger, sê Gitta Paetzold,...

Man spring in en maak Henties skoon

10 ure gelede | Mense

Tanja Bause – ’n Inwoner van Hentiesbaai het besluit om stukkie vir stukkie sy dorp skoon te maak omdat dit die regte ding is om...

Fourie-familie veg sáám teen kanker

10 ure gelede | Gesondheid

Kristien Kruger – Veertien lede van die uitgebreide Fourie-familie het hul hare afgeskeer ter ondersteuning van die 57-jarige mnr. Johan Fourie wat met fase 4...

Geen invloei in damme sover vanjaar

10 ure gelede | Weer

Ellanie Smit – Hoewel die land sy eerste ­reënbuie vir die jaar ontvang het, was daar sover nog geen invloei vir enige van die opgaardamme...