Veldbrand nog nie in bedwang
Leopard Lodge, Okarumuti, Okatjeru, Oruhungo, Okatjemisse, Midgard, Bergquell, Teufelsbach en Okapuka is of heeltemal afgebrand of het groot skade gely.
Tanja Bause
Die veldbrand wat sowat 'n week gelede naby Okahandja begin het, woed steeds voort.
Volgens mnr. Corne Kruger het die vlamme aan die einde van verlede week na Ovitoto versprei. “Daar is geen werklike pogings aangewend om die brand te blus nie en baie sterk winde het die brand Saterdag na die regeringsplaas Berg Gusinde gewaai en dit het vandaar af versprei.”
Intussen het Leopard Lodge, Okarumuti, Okatjeru, Oruhungo, Okatjemisse, Midgard, Bergquell, Teufelsbach en Okapuka of heeltemal afgebrand of groot skade gely.
“Ons kan nie meer nie. Ons slaan nou al vir die afgelope drie dae vuur en is moeg. Ek het sowat 10 ure se slaap in,” het Kruger gesê.
In die sosiale media word beweer die Namibiese weermag het 'n skietoefening gehad wat die brand veroorsaak het.
“In 2012 het 'n brand ook by die Osona-weermagbasis begin waarna talle plase afgebrand het. Die weermag het toe ook nie gehelp om die brand te blus nie.”
Sondag het 'n span van die Windhoek-brandweer vuur geslaan en gister het die weermag soldate gestuur om op die plaas Okarumuti uit te help.
Die woordvoerder van die weermag het teen druktyd nie op vrae reageer nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie