Veilingshuis se likwidasie tref Swakara
Veilingshuis se likwidasie tref Swakara
Pandemie vermorsel internasionale pelsbedryf
14 December 2020 | Landbou
Elvira Hattingh - Die Swakara-raad gaan genoop word om in 2021 ’n nuwe internasionale agent vir swakara-pelsverkope aan te stel nadat Kopenhagen Fur aangedui het dit gaan sy bates oor die volgende 24 maande likwideer.
Saga Fur is dalk ’n goeie keuse om Kopenhagen Fur te vervang, het die raadsvoorsitter, me. Julene Meyer, verlede Dinsdag aan plaaslike pelsprodusente gesê.
Dit volg nadat die Covid-19-pandemie vir Kopenhagen Fur, die wêreld se grootste pelsveilingshuis, ’n gevoelige en klaarblyklik finale hou toegedien het toe die virus muteer en onder nertse ingevaar het.
Die opveiling van nertspelse staan sentraal tot Kopenhagen Fur, terwyl Denemarke ook die wêreld se grootste nertsprodusent is.
Intussen het die Deense regering op 4 November opdrag gegee vir ’n massa-uitdunning van nertse – dit omdat die muteerde coronavirus onder die diere glo die potensiaal het om Covid-19-inentingsveldtogte te laat ontspoor.
Meyer sê die raad moet nog al die opsies oorweeg as dit by dié aanstelling kom. Terselfdertyd word ’n nuwe Swakara-raad ook in 2021 aangekondig.
“Die pelse wat nie tydens die September 2020-veiling verkoop het nie, gaan steeds op die Kopenhagen Fur-pelsveiling van 20 tot 22 Februarie 2021 aangebied word,” het sy gesê en bygevoeg sake verloop tans nog vlot om ook nuwe pelse op Kopenhagen Fur se veiling in Junie 2021 aan te bied.
“Ons hoop is op ’n koue winter in die Noordelike Halfrond en dat baie pelsjasse verkoop om ’n goeie aanvraag in 2021 te hê,” het sy gesê.
Die pandemie het ’n beduidende impak op die internasionale pelsbedryf gehad en dienooreenkomstig het Kopenhagen Fur se pelsveiling in April baie swak gevaar.
Plaaslik het swakara-produsente die wind van voor gehad en moes talle, ter wille van volhoubare inkomste, eerder hul lammers vir die vleismark laat uitgroei. - [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
47 minute gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
16 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
16 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
16 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
16 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
16 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
16 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
16 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies