Veiligheidswagte beplan landwye optog
Veiligheidswagte beplan landwye optog

Veiligheidswagte beplan landwye optog

''n Landwye betoging word beplan en ''n staking dreig as ''n ooreenkoms­ oor salaris­verhogings nie bereik word nie.
Gerine Hoff
Inger Junge - Sowat 150 sekuriteitswagte van minstens nege sekuriteitsmaatskappye het Donderdagoggend na afloop van hul nagskof by die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) se hoofkantoor saamgedrom om inligting te kry oor voorbereidings vir ''n landwye, vreedsame optog wat vir komende Donderdag beplan word.

Die demonstrasie is in reaksie op ''n dooie punt wat tussen sekuriteitsmaatskappye en vakbonde oor salarisonderhandelinge bereik is. ''n Dispuut is op 4 Oktober by die arbeidskommissaris verklaar.

Die minimum loon vir sekuriteitswagte is in Augustus 2014 op N$6,75 vasgestel ten einde die lewenspeil van sekuriteitswagte te verbeter en om uitbuiting te verhoed. Ten spyte hiervan het lone slegs minimaal toegeneem en weerspieël dit nie die verhoogde lewenskoste in Namibië nie.

Die vakbonde wat by die gesamentlike aksie betrokke is, is die Namibiese Onafhanklike Sekuriteitsunie (Nisu), die Namibiese Unie vir Veiligheids- en Nagwagte (NASGWU) en die Namibiese Vervoer- en Verwante Werkersunie (Natau). Hulle hoop om die minimum loon vir sekuriteitswagte van N$7,50 tot N$12,50 te verhoog.

Nisu se hoofsekretaris, mnr. Kandondo Simon Kandono, het gewaar­sku dat hoewel hulle “probeer om die regte prosedures te volg”, hulle geen ander keuse het as om te staak, sou die arbitrasie nie suksesvol wees nie.

Sekuriteitswagte voer aan hulle werk 12-uur-skofte, sewe dae ''n week en met min tot geen verlof. Ten spyte hiervan verdien hulle minder as N$1 200 per maand, wat gewoonlik nie genoeg is om vir hulself en hul gesinne te sorg nie. Een van die betogers sê hy kan nie eens bekostig om ''n brood met sy uur-loon te koop nie.



Talle Bekommernisse

Benewens eise oor lone, het wagte ook hul kommer uitgespreek oor salarisaftrekkings vir oortredings soos afwesigheid, slaap aan diens en slegte werksomstandighede. Ander was weer bekommerd oor ''n gebrek aan verlofdae, betroubare toegang tot badkamers en dat hul salarisse laat inbetaal word.

Selfs uniforms, wat na regte deur maatskappye voorsien moet word volgens ''n ooreenkoms wat in 2014 tussen die drie vakbonde en die ministerie van arbeid aangegaan is, is nie altyd beskikbaar nie. Wanneer dit wel beskikbaar is, moet die sekuriteitswagte ''n deposito betaal – wat in baie gevalle nóg ''n aftrekking van hul salaris is.

Voorts sê hulle maatskappye betaal nie oortyd soos in die 2014-ooreenkoms bepaal is nie. Sommige wagte sê hulle werk twee aaneen­lopende skofte sonder betaling, en ten spyte van die ooreenkoms wat bepaal hulle moet oortyd betaal word, ook vir Sondae en nagskofte, gebeur dit na bewering glad nie.

Hulle sê in baie gevalle word verhogings wat met bevorderings gepaardgaan nie betaal nie, terwyl ander vir meer as vyf jaar by ''n maatskappy werk sonder dat hulle vir ''n bevordering of bonusse oorweeg word.

Dít alles dra by tot ''n gevoel dat sekuriteitsmaatskappye nie hul werknemers waardeer nie.



''veiligheid op die spel''

Die NUNW se sekretaris-generaal, mnr. Job Muniaro, meen “die land se veiligheid is op die spel”.

“Sekuriteitswagte verseker dat jy saans veilig in jou huis slaap. Hulle dra sowat 70% by tot die veiligheid van die land en dit vir N$7 per uur. Hulle doen feitlik dieselfde werk as die stadspolisie en die Namibiese polisie, maar hoe vergelyk hul salarisse met ander?”

Hy het gesê die meeste sekuriteitswagte kry geen mediesefondsdekking, pensioen of vervoertoelae nie. Sommige wagte sê hulle vind dit moeilik om maatskaplike voorsorg-voordele te eis – dit ten spyte daarvan dat hulle hulself in gevaar stel om nie net huise nie, maar ook banke, hotelle en lughawens te beskerm.

Muniaro het gesê sou sekuriteitswagte begin staak, sal dit nie net mense se lewens wees wat in gevaar is nie, maar ook ''n potensiële bedreiging omdat die gegriefde werkers in die gebruik van vuurwapens opgelei is.

Hy het gesê hy sal Nampol volgende week oor die dreigende optog waarsku.

“As ''n vakbond werk ons in die belang van die werkers, maar ook vir die land se vrede en stabiliteit,” het hy gesê.

Augetto Graig berig dat, volgens sekuriteitswagte se werkgewers, die vakbonde se eise vir ''n verhoging van 71% onaanvaarbaar is en tot werksverliese kan lei.

Volgens mnr. Levi Shigwedha, die woordvoerder van die Sekuriteitsvereniging van Namibië (SAN) wat die eienaars van sekuriteitsfirmas verteenwoordig, het SAN vroeër hierdie maand ''n verhoging van 25% aangebied, wat meer as drie keer die huidige inflasiekoers van 7% is.

“SAN se fokus is op werksekerheid en voldoende diens aan kliënte, terwyl die vakbonde net fokus op verhogings en die aansluiting van meer lede, ongeag die gevolge,” sê hy.

Volgens Shigwedha is dit onregverdig dat met verhogingtyd net na maatskappye gekyk word wat lede van SAN is.

Hy sê sedert die ontstaan van die Namibiese Sekuriteitswerkersforum is geen maatskappy wat minder as die minimum loon betaal deur die regering of deur vakbonde voor stok gekry nie, selfs nadat SAN-lede dié maat­skappye aangekla het.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.02/OZ UP +0.79% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0034 | Zinc US$ 2 444.40/T DOWN -0.49% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 899.07/OZ UP +0.47% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.02/OZ UP +0.79% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0034 | Zinc US$ 2 444.40/T DOWN -0.49% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 899.07/OZ UP +0.47%