Veiliger paaie in feestyd geen rede vir slap lê

Minder ongelukke, beseerdes

10 January 2017 | Ongelukke
Augetto Graig



Die feesseisoen is amper verby, maar Namibië se padveiligheidspan meen die nasionale poging om lewensverliese op paaie te voorkom, moet versterk.

Me. Mona-Liza Garises, woordvoerder van die Namibiese Motorvoertuigongelukfonds (MVA), het namens die MVA, Nampol, die ministerie van werke, die Paaie-owerheid (RA), die Padfondsadministrasie (RFA), die Privaatsektor Padveiligheidsforum (PSRSF), die Nasionale Padveiligheidsraad (NRSC) en Windhoek se stadspolisie, maatreëls vir die huidige veldtog aangekondig.

Vanaf 22 November verlede jaar tot 2 Januarie hierdie jaar was Namibië se paaie effens veiliger. Een minder sterfte is aangeteken, wat die afgelope feesseisoen se getal tot op 94 bring. Hierdie jaar is 894 beserings aangemeld, in vergelyking met 1 062 in die 2015-'16-feesseisoen.

Gedurende die afgelope feesseisoen is 480 ongelukke aangemeld - amper 10% minder as die 530 aan die begin van 2016.

Die afname kan gedeeltelik toegeskryf word aan die gesamentlike poging van polisie- en verkeersbeamptes wat ongeveer 103 199 karre in landswye padblokkades gemonitor het.

Sowat 21 542 toetse om voertuigbestuurders se geskiktheid te bepaal, is gedoen.

Owerhede het ook 13 065 padwaardigheidstoetse gedoen.

Volgens Nampol se genl.maj. James Tjivikua is 229 mense in hegtenis geneem. Hy sê tot dusver is 7 669 dagvaardings ten bedrae van meer as N$8,3 miljoen uitgereik. Die meerderheid van dié boetes is vir spoed, bestuur sonder 'n lisensie, sitplekgordels wat nie vasgemaak is nie, ongelisensieerde en oorlaaide voertuie. Boetes is ook vir roekelose bestuur, selfoongebruik en onpadwaardige voertuie uitgeskryf.

Tjivikua sê: “'n Merkwaardige afname in ongelukke en beserings is sigbaar, maar lewensverliese is net 1% minder. Die hoofoorsake van ongelukke is roekelose en nalatige bestuur, onbedag­saamheid, dronkbestuur en uitputting.” Hy waarsku dat alle gebruikers van nasionale paaie versigtig moet wees, veral in reënweer, en by die spoedgrens moet hou.

Veral die B1- en B2-roetes sal deur polisiebeamptes geteiken word. Die vervoer van mense agter op bakkies sal ook gemonitor word. Volgens regulasie mag nie meer as ses mense agter op 'n bakkie vervoer word nie. Langafstand openbare vervoer-bestuurders sal ook 'n lys van hul passasiers moet verskaf.

Op Woensdag 11 Januarie sal 'n veldtog wat daarop fokus dat kinders veilig by die skool kom, afskop. Hiermee sal padveiligheidsbeamptes by sekere primêre skole in die Khomasstreek ontplooi word. Hulle sal seker maak voertuie wat kinders vervoer, word nie oorlaai nie.



Inhegtenisneming weens dronkbestuur:

//Karasstreek=30

Erongostreek=26

Kavango-Oosstreek=21

Khomasstreek =14

Oshanastreek=12

Hardapstreek=9

Omusatistreek=8

Kavango-Wesstreek=6

Ohangwenastreek=5

Omahekestreek=1

Totaal=132



Veiligheidsoperasies:

Voertuie gestop=103 199

Dronkbestuurtoetse=21 542

Padwaardigheidstoetse=13 065

Getal inhegtenisnemings=229

Soortgelyk

 

Hof: Stop uitdeel van erwe

7 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw - Die Hoërhof het vandag (Donderdag) beslis dat Basterkaptein John McNab en die Rehoboth Baster-gemeente (RBG) geen reg het om erwe op die...

Knellende koorddans

23 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Ontwikkeling, spesifiek die plaaslike konstruksiebedryf, moes die onderspit delf sodat mnr. Calle Schlettwein, die minister van finansies, die regering se bestedingskerf in...

Ammoniak-lekkasie bring Meatco tot stilstand

23 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh Sewe Meatco-werknemers is in die Lady Pohamba Privaathospitaal opgeneem nadat 'n ammoniak-gaslekkasie gister omstreeks 10:00 by die fabriek in Windhoek voorgekom het. Een...

Weer vir 9 Maart

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die Suide, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n paar tot geïsoleerde buie...

Grondministerie beplan vir nuwe jaar

23 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, sê sy ministerie se strategiese plan vir 2017-'18 moet kennis neem van die voortgesette voorbereidings...

Vier finaliste vir Verantwoordelike Toerisme-toekennings

23 ure gelede | In beeld

Die vier finaliste vir Namibia Media Holdings­ (NMH) se ­Verantwoordelike Toerisme-­toekennings 2017 is uit nege in­skrywings aangewys. Hulle is ­Gondwana Etosha Safari Lodge, Jackalberry Lodge,...

Garsbier kraai koning

23 ure gelede | Landbou

Augetto Graig - Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, kon dié week spog met die garsgroei-vennootskap tussen sy ministeriële agentskap, ­Agribusdev,...

Menseregtekenner besoek Namibië

23 ure gelede | Maatskaplik

Henriette Lamprecht - Die Verenigde Nasies (VN) se menseregtekenner, me. Rosa Kornfeld-Matte, is tans op haar eerste amptelike besoek aan Namibië om menseregte van bejaardes...

Swapo neem dissiplinêre stappe teen lede

23 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - By Maandag se spesiale Swapo politburo-­vergadering is besluit om dissiplinêre stappe teen sekere lede vir beweerde wangedrag te neem.Dié lede oortree glo...