Veilige hawe vir kinders met kanker
Maria Eiseb - Die Kankervereniging van Namibië (CAN) het onlangs 'n tydelike tuiste vir kankerpasiëntjies in Windhoek geopen. Die Chica (Kinders met kanker in Namibië)-huis is geleë naby CAN se hoofkantoor en skuins oorkant Huis Acacia in Windhoek-Wes.
Vyf volwassenes kan hier saam met hul kinders gehuisves word wanneer laasgenoemde in die hoofstad kankerbehandeling moet ondergaan.
Volgens CAN se uitvoerende hoof, mnr. Rolf Hansen, het hospitale dikwels nie plek om ma's en voogde ook te huisves wanneer kinders behandeling moet ondergaan nie. Dit het 'n negatiewe uitwerking op beide die ouers en die kind.
“Dit is nie 'n maklike reis as jy met kanker gediagnoseer word nie. Dit is 'n lang proses en in hierdie tyd het ma en kind sorg, liefde en 'n omgeehart nodig.”
Die Chica-tuiste verskaf drie maaltye per dag, terwyl pasiënte ook tydens hul verblyf ná en van die hospitaal vervoer word.
Die Namibiese sanger, me. Magdalena !Gontes, alias Female Donkey, het tydens die amptelike opening haar steun beloof aan die sentrum en vir die bewusmaking van die siekte onder veral swart gemeenskappe. Die Chica-huis is amptelik deur die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste geopen. Me. Juliet Kavetuna het haar dankbaarheid teenoor CAN betuig vir die wyse waarop hulle kankerlyers in Namibië ondersteun. Volgens haar ondersteun die meeste Namibiërs met hul “woorde”, maar dade ontbreek dikwels.
skenking
Kavetuna het ook 'n skenking van Egiptiese linne aan die tuiste oorhanding en 'n beroep op Namibiërs gedoen om dit te ondersteun waar hulle kan. Die president van CAN se raad van direkteure, me. Saima Nambinga, het tydens dieselfde geleentheid die ministerie van gesondheid as die vereniging se grootste vennoot in die stryd teen kanker uitgesonder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie