Vegtende kwartet gerat vir hul missies

Boks
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die Afrika-veergewigkampioen van die Wêreldboksorganisasie (WBO), Sebastianus “Iron Fists” Nathanael (30), sal op Vrydag 30 Julie sy titel vir die eerste keer teen John Laryea (21) in Ghana verdedig.

Nathanael, uit die MTC Nestor Sunshine Tobias-stal, plaas sy drie maande oue titel teen dié Ghanees by die Bukom-boksarena in Accra op die spel. Meneer Ystervuiste het sy Afrika-kroon Aprilmaand in Windhoek kort voor die einde van die eerste ronde met 'n uitklophou teen Jeremiah Mhere van Zimbabwe beklink.

Laryea, met slegs nege gevegte agter die blad (8 gewen, een verloor, ses uitklophoue), spog met 'n uitkloprekord van bykans 67 persent.

Dié jong Wes-Afrikaan het nog nie buite sy land of selfs buite Accra geveg nie, maar lyk beslis na 'n veel taaier uitdager as Mhere.

Nestor Tobias, sy vegknoper en afrigter, bestempel Laryea as 'n sterk vegter met 'n onoorwonne rekord wat voor sy ondersteuners gaan boks.

Iron Fists se rekord (14 gewen, twee verloor, sewe uitklophoue) word net deur twee puntebeslissings teen hom op vreemde bodem (in Singapoer en in Suid-Afrika) bederf.

Tobias het gesê: “Dit is 'n opwindende tydperk vir Sebastianus, want dit is die eerste keer dat hy sy titel gaan verdedig. Ongelukkig moet hy dit opnuut in die vreemde gaan doen, maar ons was al in Ghana en weet wat om te verwag. Ek is vol vertroue dat hy sy geveg gaan wen en sodoende sy posisie op die WBO-wêreldranglys verbeter.

Nathanael sê: “Ek sien uit na die geveg en om my titel te behou waarvoor ek hard moes baklei. Ek weet dit gaan moeilik wees om weg van die huis af te boks, veral in Ghana, maar ek is geestelik en fisiek goed voorbereid vir die uitdaging om Namibië trots te maak.”

Iron Fists tel tans nie onder die WBO se voorste 15 veergewigte op sy wêreldranglys nie, maar 'n oorwinning einde vandeesmaand sal sy aandele in die regte rigting stuur.



NATTY KAKOLOLO

Intussen sal nog 'n Namibiese veergewig, die 32-jarige Natty Kakololo (11-2-1, vier uitklophoue) vandag in Moskou by die Dynamo-vlugbalarena vir 'n nie-titelgeveg oor 10 rondes teen die 27-jarige Andranik Grigoryan (13, 3 KO's) van Armenië deur die toue klim.

Kakololo is die veergewigkampioen van die Afrika-boksunie. Hy het nog nie teen sy landgenoot Sebastianus Nathanael te staan gekom nie.

In Junie het hy Oleg Malinovskyi van die Oekraïne in Kiëf om die WBO se interkontinentale gordel gepak. Ten spyte van 'n goeie vertoning moes Kakololo met punte (97-93, 95-95, 97-93) die aftog blaas.



LUKAS NDAFOLUMA

Die WBO se Afrika-middelgewigkampioen, die 35-jarige Lukas “The Demolisher” Ndafoluma, sal Sondag in Port Elizabeth die eerste keer sy gordel teen Christiano “The Warrior of Faith” Ndombassy (12-4, nege uitklophoue) van Angola verdedig.

The Demolisher (19-3, 10 uitklophoue) het dié vakante titel op 27 Februarie in die hoofstad teen Simion Tchetha van Malawi voor die halfpadmerk van die eerste ronde met 'n uitklophou verower.

Ndafoluma is tans nr. 15 op die WBO-wêreldranglys en sal met 'n oorwinning wil wys dat hy gevegte van 'n hoër gehalte as kontinentale vlak verdien. Ndombassy het die vakante internasionale superweltergewigtitel van die Wêreldboksfederasie (WBF) op 12 Maart in Kaapstad met punte teen Jami Webb van Suid-Afrika oor tien rondes gewen.

Die Angolees woon die laaste ruk in die Wes-Kaap. Ndombassy het in 2016 in Windhoek 'n tegniese uitklopnederlaag teen Anthony Jarmann gely.

• Op dieselfde aand se gevegslys in Port Elizabeth sal die MTC Salute-vlieggewig Immanuel Josef deur die toue klim. Die Suid-Afrikaner Sihle Jelwana sal in sy pad staan vir die vakante WBO Afrika-titel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!