• Tuisblad
  • Sport
  • Vegkans vir amateurs in Wanderers se saal gereël

Vegkans vir amateurs in Wanderers se saal gereël

Boks
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Kinda Promotions, in samewer­king met 12 Rounds-boksakademie en AC Boxing-gimnasium, gaan 'n ontwikkelingstoernooi vir amateurs én beroepsvegters op 15 Junie by die Wanderers-saal in Pionierspark aanbied wat deur Hollard Namibië en Highway Importers geborg word.

Die promotor Kinda Nangolo, Riaan Coetzee (12 Rounds) en Imms Moses (AC) het min bekendstelling in Namibiese bokskringe nodig. Moses is 'n man wat al meer as een keer professionele Namibiese wêreldkampioene na onder meer Amerika vergesel het en saam beskik die trio oor 'n skatkis van ervaring om te deel.

Die dag se verrigtinge sal reeds om 16:00 in die grootsaal afskop waar amateurboksers eerste die kans gaan kry om hul talent oor drie rondes van drie minute elk uit te stal. Hierna kom 'n paar debutante aan die beurt wat hul buiging in beroepsgevegte oor vier rondes sal maak.

Coetzee sê: “Ons bedank Hollard en Highway Importers vir hul ondersteuning wat dit moontlik maak om hierdie belangrike toernooi vir die jong boksers aan te bied.

“Dit is van kardinale belang vir vegters om vordering in hul loopbane te maak. Om te stagneer, is nie 'n opsie vir enige bokser wat groter drome het as om net 'n amateur te bly nie.

“Daar word nie genoeg vir amateurboks in Namibië gedoen nie en daarom het AC Boxing, Kinda ­Promotions en my kamp kragte saamgesnoer om die kompetisie vir boksers aan te bied wat ernstig oor hul loopbane is.”

Van Khomas se voorste amateurboksers sal in die eerste vier gevegte gesien kan word en die talentvolle 21-jarige Gerrie du Plooy in die kleure van 12 Rounds-boksakademie sal ook in aksie wees. Die program word afgerond met sewe professionele gevegte wat beloof om baie opwindend met baie aksie te wees.

Omrede beide boksers onttrek het wat vir die hoofgeveg bestem was, sal die nuwe twee vegters vir die hoofdis binnekort aangekondig word.

Kaartjies vir gewone sitplekke kos N$100, terwyl 'n tafel vir ses persone wat kos en verversings insluit N$3 000 beloop.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!