Veertien sterf landswyd in ongelukke

Tanja Bause
Des Erasmus en Tanja Bause - Sedert verlede Donderdag het 14 mense op Namibiese paaie gesterf.

Reddingswerkers was gisteroggend voor vyfuur op die toneel van 'n noodlottige ongeluk net buite Arandis. ‘n Bakkie en ‘n sedan voertuig was in die botsing betrokke. Meganiese toerusting moes gebruik word om van die insittendes te bevry, maar vier mense was reeds dood. Die oorledenes was ‘n vrou en sy was waarskynlik die ma van drie meisies wat ook gesterf het. Die drie kinders was tussen 3 en 9 jaar oud.

‘n Volwasse man en ‘n baba van ‘n geskatte twee maande was ook saam in die bakkie, maar het oorleef. Die man het rugbeserings opgedoen en die baba het kopbeserings wat ‘n groot swelsel veroorsaak het. Die man en die baba is deur paramedici in ‘n ambulanswa na ‘n Swakopmundse hospitaal gebring. Geen besonderhede is oor die insittendes van die ligte motor verstrek nie.

Aanduidinge op die ongelukstoneel was dat ‘n buiteband van die Polo gebars het met die gevolg dat die bestuurder beheer verloor het. ’n Moontlikheid word selfs genoem dat die Polo in die pad gerol en toe deur die bakkie getref is.

Volgens ‘n weergawe van die Weskusveiligheidsinisiatief het opruimingswerk sowat twee uur geduur voordat die normale verkeersvloei op die B2-hoofweg herstel kon word.

Herhaalde navrae aan die Namibiese polisie oor die ongeluk het onbeantwoord gebly.

Twee mense het Vrydag omstreeks 18:00 naby Kappsfarm in ’n motorongeluk gesterf. Die ongeluk het plaasgevind toe ’n bakkie wat van die Internasionale lughawe Hosea Kutako na Windhoek onderweg was, teen die sleepwa van ’n minibus gebots het. Die bestuurder van die minibus het beheer oor die voertuig verloor waarna die voertuig omgeslaan het. Mee. Anna Maria van Wyk (55) en Petra Seitsimang Thudinyane (41) is in die ongeluk dood, terwyl die insittendes van die minibus lig beseer is.

Op die hoofpad tussen Otjiwarongo en Okahandja het twee mense ook Vrydag in ‘n kop-teen-kop-botsing gesterf.

“Die 33-jarige Immanuel van Opuwo is op slag dood, terwyl Noag Ndisiro (44) in die hospitaal oorlede is. Ons weet nie wat Immanuel se van of watter geslag Ndisiro is nie,” het die woordvoerder van die Namibiese polisie, ao. Immanuel Lazarus gesê.

Saterdag omstreeks 17:00 is me. Venessa Erasmus dood toe die voertuig waarin sy ’n passasier was, die pad verlaat en omgeslaan het. Die ongeluk het tussen Karibib en Usakos plaasgevind toe die bestuurder vir ’n aankomende vragmotor uitgeswaai het wat in die middel van die pad was. Die bestuurder is met ernstige beserings in die private hospitaal Welwitchia in Walvisbaai opgeneem.

Die 22-jarige me. Vehonga Kamuzandu (22) het gesterf nadat die bakkie waarin sy 'n passasier was, op die grondpad tussen Gobabis en Tallismanus omgeslaan het. Drie ander persone insluitend die bestuurder, is met ernstige beserings in die stadshospitaal op Gobabis opgeneem.

Me. Aili Fillipus is in die Onanke-nedersetting doodgery nadat sy die pad tussen twee cuca-winkels probeer oorsteek het. Die verdagte is ’n 46-jarige man wat in ’n bakkie gery het. Hy is nog nie in hegtenis geneem nie.

In die Onankali-nedersetting is die 33-jarige mnr. Thobias Shikongo dood, nadat hy deur ’n bakkie gestamp is terwyl hy die straat wou oorsteek.

Die lyk van mnr. Francis Masholo (44) is by Impalila-eiland se landingstrook gevind. Sy bene was gebreek en sy fiets is erg beskadig etlike meter van sy liggaam gevind. Volgens sy familie het hy die 21ste onafhanklikheidsvieringe bygewoon en nie weer teruggekeer nie.

Die negejarige Mwendanaye Dala het aan sy beserings beswyk wat opgedoen het nadat hy en sy broer in die Kangongo-nedersetting van ’n bakkie afgespring het. Dala is in die hospitaal oorlede, terwyl sy 15-jarige broer steeds in die hospitaal behandel word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!