Veerkragtigheid van die kunsbedryf
Veerkragtigheid van die kunsbedryf

Veerkragtigheid van die kunsbedryf

Debat oor toekoms
Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis - In ’n poging om gesprekke oor die impak van die Covid-19-krisis op die Namibiese kuns- en die kultuurbedryf te begin en praktiese oplossings te vind, is die eerste aanlyn debat, ResiliArt, onlangs in Namibië aangebied.


Tydens die drie rondes van die debatsessie kan deelnemers hul ondervinding deel oor hoe die pandemie hul inkomstes en lewensbestaan beïnvloed het.

Namibië se deelname aan dié inisiatief is deur die Verenigde Nasies se Organisasie vir Onderwys, Wetenskap en Kultuur (Unesco) se tak in Namibië, die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, Turipamwe Designs, Joe Vision Production en die Creative Industry Guide moontlik gemaak.

Mnr. Patrick Sam, voorsitter van die Namibiese Kunsteraad, het onder meer op die paneel van beoordelaars gedien.
Die volgende vrae word tydens die debatsessies bespreek:
1. Hoe het die Covid-19-pandemie die kuns- en kreatiewe sektor en die lewensbestaan van mense in dié bedryf beïnvloed?
2. Hoe bly jy in dié tyd kreatief en hoe kry jy ’n inkomste?
3. Wat het jy uit die ervaring geleer?
4. Wat kan of moet gedoen word om kwesbaarheid in die toekoms te vermy?
5. Wat stel jy vir die pad vorentoe voor?

GEVOLGTREKKINGS EN OPLOSSINGS
Die pandemie het gapings in die bedryf beklemtoon wat dringend aangespreek moet word.

Die bedryf is grotendeels informeel en dit lei tot sekere uitdagings soos ’n gebrek aan sekuriteit en finansiële onsekerheid, asook ’n gebrek aan inligting van die sektor en sy geleenthede. ’n Generasiegaping tussen jonger- en ouer kunstenaars is ook uitgelig.

Die pandemie het kunstenaars en mense in die kreatiewe bedryf gedwing om alternatiewe inkomstebronne te oorweeg. Baie moet van aanlyn platforms gebruik maak, maar dit is moeilik om munt te slaan uit aanlyn bedrywighede, gedeeltelik weens Namibië se finansiële regulasies. Namibiërs kan byvoorbeeld nie van die PayPal-toepassing gebruik maak nie.

Terselfdertyd het die digitale gaping duideliker geword, aangesien baie mense nie toegang tot die internet het nie.
Diegene wat wel aanlyn verteenwoordig word, is nie ’n volledige prentjie van alle kreatiewe praktisyns of hulle potensiële kliënte nie.
Dit is belangrik om alle aspekte van die kreatiewe proses in ag te neem.
Navorsing, begroting, produksie, verspreiding, kreatiwiteit, toegang tot die mark, sekuriteit, sowel as innovasie, entrepreneurskap en onderrig, maak deel van dié proses uit.

Dit is dus belangrik vir die bedryf om sistematies te werk, veral tydens interaksie met die regering en die media.

Kunstenaars moet ingelig word oor voorafbestaande raamwerke binne die bedryf waarin hulle werksaam is, soos kunstenaarsregte, wetlike aspekte, maatskaplike regte, belasting, mediese fonds, kopiereg en intellektuele eiendom.

Om die bedryf amptelik te maak, moet die verskillende stemme op ’n gepaste manier verteenwoordiging geniet. Daar moet ook meer interaksie wees.

Binne die kreatiewe bedryf word gemeenskaplike- en ekonomiese probleme dikwels nie aangespreek nie. Inisiatiewe vir innoverende oplossings in dié sektor moet aangemoedig word.

Die tweede ResiliArt Namibia debat het reeds op 26 Mei plaasgevind. Tydens dié sessie is gefokus op die impak wat die pandemie op die kultuur- en erfenisbedryf gehad het. Erfenisgebiede, museums en kunsmarkte is óf gesluit óf bied tans beperkte toegang. Tydens die bespreking is spesifiek gefokus op moontlikhede vir dié sektor om aanlyn te beweeg.

ResiliArt is ’n wêreldwye inisiatief wat kort na die uitbreking van die Covid-19-pandemie deur Unesco van stapel gestuur is. Die doel van die inisiatief is om die veerkragtigheid van kuns, veral in krisistye te ondersoek.
ResiliArt poog ook om die rol van kunstenaars in moeilike tye te identifiseer. Baie lande het reeds by die beweging aangesluit en het aan die debatsessies deelgeneem.

NEEM DEEL AAN DIE LAASTE DEBAT
Die derde ronde van die ResiliArt-debatsessie vind vandag tussen 14:00 en 16:00 plaas.
Vandag se gesprek fokus op die belangrikheid om ’n kreatiewe omgewing te kweek en onderhou, spesifiek met betrekking tot die aanbieding van kuns op digitale platforms. Besoek die Namibiese Kunsteraad se Facebook-blad by www.facebook.com/artsinNam vir meer besonderhede.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61%