Veelvoudige sklerose-stigting kry hulp
Veelvoudige sklerose-stigting kry hulp

Veelvoudige sklerose-stigting kry hulp

Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee



Fruit and Veg City het weer eens hul toewyding aan die gesondheid van die gemeenskappe waarin hulle teenwoordig is, gedemonstreer deur 'n skenking aan die Veelvoudige sklerose-stigting van Namibië (MS Namibia) te maak.

“Die gesondheid en welstand van ons gemeenskapslede lê ons na aan die hart en ons voel bevoorreg om 'n wonderlike stigting soos MS Namibia te kan ondersteun,” het mnr. Leon Nel, hoofbestuurder van die groep, gesê.

Me. Bianca Ozcan, stigter van MS Namibia, sê bewustheid van dié siekte is min.

Sy was vergesel van me. Anna Pagel, wat al meer as 27 jaar met die siekte leef.

MS Namibia sê hulle kon nie sonder die borge en ondersteuning van Namfo-boere soos mnre. Francois van Rensburg, Hoekus van Niekerk, Charl van Rensburg, Hannes Arangies, Jan Cronje en Johan Roux, asook ander weldoeners, bystand aan lyers van dié siekte bied nie.

Die stigting sal op Sondag 23 April 'n klassieke musiek-konsert in die College of the Arts se konsertsaal aanbied om geld in te samel. Die konsert begin om 17:30 en beloof om 'n aand van goeie musiek, wyn en versnaperinge te wees. Kaartjies kos N$100 en sluit drankies en versnaperings in. Vir meer inligting, of om kaartjies te bespreek, kontak Ozcan by [email protected] of 081 296 4844.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!