Veediewe gaan vyf jaar sit
Cobie Bok - Drie van die vyf vermeende veediewe wat Vrydag 13 April in hegtenis geneem is, is verlede week elk vir vyf jaar tronk toe gestuur.
Die vyf is in hul spore gestuit danksy ’n wakker beeswagter en die Rehoboth-polisie se vinnige optrede ná twee buurplase in die area se vee vermoedelik oor ’n lang tydperk geplunder is.
Volgens mnr. Franco Husselmann, een van die plase se eienaar, het hy 10 beeste, wat geslag is, verloor. Hy beweer met sy laaste voorraadopname het hy 117 beeste gehad, en het nou net 104 oor. Drie is dus nog vermis.
Was dit nie vir mnr. David Boois, die beeswagter wat ondersoek na die vermiste vee ingestel en slagplekke ontdek het nie, was die skade dalk groter.
Ná die polisie se hulp ingeroep is, is sowat 10 slagplekke ontdek, verskeie onder bome op Husselmann se plaas.
Tydens die vermeende boewe se eerste hofverskyning verlede Dinsdag in die landdroshof op Rehoboth het drie van die beskuldiges skuldig gepleit.
Landdros Desire Kamboua het Kosta Paulus (31), Junior Lukas (27) en die 19-jarige Hailwa Immanual elk vyf jaar tronkstraf opgelê.
Die twee oorblywende vermeende veediewe, mnre. Rudolf van Wyk (42) en Joseph Heindrik (38), het onskuldig gepleit, en borgtog is nie aan hulle toegestaan nie.
Republikein verneem die dossier is terugverwys hof toe sodat ’n verhoordatum vir die oorblywende twee vermeende boewe bepaal kan word.
Mnr. Edmund Ockhuizen, Husselmann se buurman, het die staat vir sy hulp bedank, maar gesê hy is teleurgesteld oor die booswigte se vonnis.
Mnr. Leonard Matheus het namens die staat aangekla.
“Veediefstal is erger as manslag,” het hy gesê. Volgens hom vermis hy nog twee beeste.
Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie