Veeartsenystudente begin met kliniese fase
Yochanaan Coetzee - Die Universiteit van Namibië (Unam) se Veeartsenyskool, wat in 2014 gestig is, het verlede week met kliniese studies vir senior studente begin.
Oudpres. Hifikipunye Pohamba is genooi om dié fase van die studente se studies in te lei. “Die landbousektor vorm die grondslag van ons ekonomie. Sowat 70% van mense is direk en indirek afhanklik daarvan, so dit is belangrik dat ons dit met kundigheid benader en van tegnologie gebruik maak om te verseker dat ons die meeste daaruit kry,” het Pohamba by die geleentheid gesê.
Die skool is in 2014 amptelik by Unam se Neudamm-kampus gestig. Daar is tans 160 studente, waarvan baie uit buurlande soos Suid-Afrika kom. “Dit bewys hoe hoog ons veeartsenyskool in die streek aangeskryf word en wat die gehalte van opleiding is wat ons hier verskaf,” het prof. Frednard Gideon, waarnemende adjunk-kanselier van die universiteit, gesê.
Die groep van 23 vierdejaarstudente begin dié jaar met hul kliniese studies, wat 'n groot mylpaal vir die universiteit is.
“Ons is bevoorreg om hier op die Neudamm-kampus ons opleiding te kan ontvang en is baie opgewonde om met ons kliniese studies te begin, omdat dít is waar ons tegniese kennis sal opdoen. Ek is seker wanneer ons met ons kursus van ses jaar klaar is, sal ons van die beste veeartse in Afrika wees,” het Vincent Sevenster, 'n senior student van Pretoria, gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie