Veearts aangekla nu00e1 hy hondsdol koedoe skiet
Veearts aangekla nu00e1 hy hondsdol koedoe skiet

Veearts aangekla ná hy hondsdol koedoe skiet

Tanja Bause
Tanja Bause - Die ministerie van die omgewing en toerisme (MET) het Woensdag ’n klag teen die bekende veearts dr. Rainer Hassel aanhangig gemaak nadat hy ’n hondsdol koedoebul dié betrokke oggend geskiet het.

Die koedoe is Woensdagoggend in Klein Windhoek hy die Hidas-inkopiesentrum gewaar.

Volgens ’n ooggetuie het straatkinders die koedoe met klippe gegooi en in Sam Nujomarylaan tot by St. Paul's College gejaag.

Daar het die koedoe by ’n hek gaan staan.

“Toe ek om 7:20 daar aankom, het ek onmiddellik die stadspolisie gebel, maar ná 40 minute het hulle steeds nie opgedaag nie. Ek het ook vir die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gebel wat my na die ministerie verwys het. Hulle kantoortelefone word egter eers ná 08:00 beantwoord,” het die man, wat verkies om anoniem te bly, gesê.

“Die koedoe het net daar gestaan en mense het in die pad gestop en uitgeklim om foto’s te neem. Ek en my personeel het probeer om die verkeer te reguleer en om mense weg te jaag omdat ons kon sien die koedoe het in ’n toestand van stres verkeer.”

Volgens hom het die koedoe oor die straat geloop en by ’n huis se erf ingeloop. Die man het die hek agter hom toegemaak om die koedoe van verdere stres te weerhou.

Hassel het op die toneel aangekom net voordat die bul oor die straat beweeg het.

Een beampte van die ministerie en een van die Namibiese polisie het om 09:00 opgedaag nadat die koedoe reeds in die erf was.

“Die natuurbewaarder het daar opgedaag met die geweer wat langs hom op die passasierssitplek gelê het sonder dat dit in ’n geweersak was. Hy het kortliks met die huiseienaar gepraat en toe begin om om die koedoe te loop. Ons kon sien die dier was onder baie stres en die man het dit vererger.”

Volgens hom het die koedoe die natuurbewaarder bestorm waarop die man hom twee keer met die geweerkolf op die snoet geslaan het. Die koedoe het hom toe teen die hek vasgedruk, maar die man kon homself bevry en het oor die hek geklim.

"DANS" OM KOEDOE

“Hy het sowat 15 minute binne om die koedoe gedans en nie een skoot afgevuur nie. Toe hy buite gestaan het, het hy die geweer deur die hek gesteek en probeer om ’n skoot in te kry.”

Hassel het toe sy eie pistool uitgehaal en wou die koedoe skiet waarop die natuurbewaarder glo vir hom gesê het: “Wat doen jy? Dit is nie ’n speletjie nie.”

Hassel het sy pistool weer gebêre en die natuurbewaarder het ’n verdere sowat 15 minute gevat voor hy geskiet het.

“Die natuurbewaarder het die koedoe geskiet en die dier het omgeval, maar onmiddellik weer opgestaan. Die man het weer geskiet en dit was mis. Toe hy die koedoe die derde keer skiet, het die bul in ’n sittende posisie neergeval. Die dier was steeds nie dood nie. Hy het uit sy neus gebloei en vir ons gekyk.

"Dit is toe dat die veearts sy pistool uitgehaal het, die koedoe ’n doodskoot gegee het en hom uiteindelik verlos het.”

Volgens die man het die natuurbewaarder baie onprofessioneel opgetree en die dier onnodig laat ly.

“Die man het nie geweet wat hy doen nie en gelukkig was die veearts op die toneel en kon hy ’n einde aan die koedoe se pyn en lyding maak.”

KLAGTE

Hassel is deur die ministerie aangekla van die onwettige afvuur van ’n private wapen in ’n stadsgebied.

“Klagte van met ’n pistool of ’n rewolwer jag, die gebruik van ammunisie om te jag en die verwydering van ’n karkas is ook aan my genoem,” het Hassel bevestig.

Volgens hom het hy as veearts ’n plig teenoor die dier om te verseker die dier ly so min as moontlik.

“Die natuurbewaarder was onprofessioneel. Hy het met my werk ingemeng en hy was onbevoeg om die dier van sy lyding te verlos. Inteendeel, hy het tot sy lyding bygedra.”

Hassel het intussen ’n klag van dieremishandeling teen die natuurbewaarder aanhangig gemaak.

Hy het die karkas verwyder en dit na die veeartsenydienste se laboratorium toe geneem sodat dit vir hondsdolheid getoets kon word. Gister is bevestig die koedoe het wel hondsdolheid onder lede gehad.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.91 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.91 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%