Vaughn vier saam Hentiesfees
Vaughn vier saam Hentiesfees

Vaughn vier saam Hentiesfees

Die gewilde Vaughn Ahrens kom maak weer 'n draai op Hentiesbaai.
Otis Finck
Die Namibiese sanger, kitaarspeler en liedjieskrywer Vaughn Ahrens is geen vreemdeling by die Hentiesfees nie.

Vanjaar sluit twee nuwe gesigte by hom op die verhoog aan: Adam Brandon-Curby skuif agter die tromme in en Jonny Wenk gaan die baskitaar laat dreun.

Ahrens sê die gees by die Hentiesfees is aansteeklik.

“Dit is asof die hele dorp net eenparig besluit om te gaan partytjie hou. Ek gaan nie regtig Hentiesbaai toe vir enigiets anders as feeste nie, so ek het die dorp begin sien as 'n feesdorp” sê hy.

Ahrens is 'n besige man.

Hy verskaf ook musikale insette vir die klankbaan van die eg Namibiese fliek Land of the Brave wat in Oktober vrygestel word.

Die fliek handel oor 'n polisie­vrou met 'n 'taaier as taai'-­persoonlikheid, vertolk deur Elize de Wee, wie se ou koeie 'n joernalis uit die sloot grawe.

Ahrens wil nie veel sê oor die liedjie nie, maar verklap tog dat hy die taak saam met 'n ander kunstenaar aanpak wat ook van Walvisbaai afkomstig is.

Ahrens is vanjaar vir drie NAMA-­toekennings genomineer - sy liedjie “Amen” in die kategorie vir beste Afrikaanse snit, asook “Stellenbosch”, wat in aanmerking kom vir die beste reggaeliedjie van die jaar.

Sy album Songs for Wednesdays is ook 'n sterk aanspraakmaker in die kategorie beste nuweling.

“Archetype” is op 1 Augustus vanjaar as enkelsnit van dié album uitgereik. Die woord beteken “oertipe” en dui op 'n tipiese soort mens.

Ahrens sê die liedjie gaan oor identiteit.

“Die lirieke no matter if they adore me, I won't be your archetype beteken dat ek altyd net myself sal wees, ten spyte van die feit dat mense dalk nie daarvan sal hou nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!