Vasbyt is al uitweg
Vasbyt is al uitweg

Vasbyt is al uitweg

Augetto Graig
Die sentrale bank het die prys van skuld hierdie week so 'n bietjie verminder.

Vir mense wat ekstra eiendom wil aanskaf, is die deposito op 'n tweede of derde en selfs meer huis verklein - maar 'n woning van hul eie bly vir die meerderheid van Namibiese burgers niks meer as 'n droom nie.

Armoede is nog altyd aan die orde van die dag vir die grootste deel van die bevolking. Namibië is 'n land vol behoeftige mense.

Die land is egter nie arm nie. Daar is nie 'n tekort aan geld nie. Daar is nie 'n tekort aan natuurlike hulpbronne nie.

Selfs die droogte wat boere so knou, bring sy eie geleenthede. Kyk nou net hou tel die gebruik van indringerbos op. Nood het die geleenthede wat indringerbos bied, help ontsluit.

'n Land met minder as drie miljoen inwoners waarvan die geldsake hom in die middelinkomstekategorie plaas behoort beter in sy mense se behoeftes te kan voorsien. Ongelukkig is mededeelsaamheid en omgee vir mekaar nie in die natuur van die moderne mens nie.

Afguns, jaloesie, binnegevegte en selfsugtigheid het deel van ons kultuur geword. Almal wil net meer en meer vir hulself hê, en daar word nie vir die medemens omgegee nie.

Hierdie benadering is egter 'n lokval. Die luukse lewens wat so op televisie vertoon en geprys word, is dikwels leeg en betekenisloos. Selfmoord en depressie is net so algemeen onder die rykes as onder die armes.

Moedeloosheid dring mense se lewens binne, al het hulle die grootste huise en die vinnigste karre. Moet nie vir die liegstorie val wat die teendeel verkondig nie.

Kyk mooi wat is regtig van belang. Maak dit werklik saak of jy die mooiste klere dra, of as die beste gesien word? Wat baat dit jou om die wêreld te verower as jy dit nie kan geniet nie? Niks.

Aan die einde van die dag is jy maar altyd nog alleen.

Die sleutelvraag is of jy met jouself kan saamleef.

Al die prestasies in die lewe is hol sonder iemand om dit mee te deel. Al die mylpale beteken niks as dit nie iemand anders se bestaan verbeter nie.

Moet ook nie dink ander mense se siening van jou hou die antwoord nie. Mense is so wisselvallig dat hul opinies soos die rigting van die wind verander. Vandag is jy die held en môre is jy die slegste skurk.

Plaas liewer jou waarde in die eerlike selfbeeld wat jy daagliks uitleef. Erken jou tekortkominge, maar weet dat almal tekortkominge het. Dit is ook nie die einde van die wêreld nie. Weet dat jy soms selfs die belangrikste mense in jou lewe sal teleurstel. Dit kan nie anders nie.

Al hierdie probleme is nie 'n rede om moed op te gee nie. Hierdie uitdagings, al lyk hulle soms onmoontlik om te oorkom, is nie redes om tou op te gooi nie.

Byt vas. Hou aan. Probeer weer.

Jy sal misluk. Maar tel jouself dan op, skud die stof van jou knieë en elmboë of jou sitvlak af, en gaan voort.

Dit is al wat ons kan doen. Dit is al wat daar is.

Daar is net vandag. Lewe dit.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.86/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.20% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP DOWN -0.0069 | Platinum US$ 937.08/OZ DOWN -0.0031 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.86/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.20% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP DOWN -0.0069 | Platinum US$ 937.08/OZ DOWN -0.0031