Vars uit die Jazz-oond - Walk Away - Gustav Myburgh

25 November 2004 | Kollig

Hierdie een is so kraaknuut dat dit maar eers Maandag amptelik in Stellenbosch bekendgestel is.
Gustav Myburgh se debuutalbum, Walk Away, is \'n verstommende ervaring met die eerste luister, maar verloor so \'n bietjie glans as jy die ore fyner spits. Die aanvanklike \"sjoe\" is dalk die gevolg daarvan dat verspreiders - en musikante - deesdae maar min uitpak waaroor mens regtig kán jubel.
Daar is tien snitte, om die helfte in Afrikaans en Engels, en \'n video van die openingsnommer, \"Dokter dokter.\" Dié kaalvoet-innie-reën cum klub-video gaan nie oor Blommie en die bytjies nie; selfs al laat die gekarring met die sangeressie se rokkie mens nogal wonder?
Die temas is deurgaans uiters ernstig.
Myburgh en sy medewerkers speel stemmingsmusiek. Hoofsaaklik jazz-fusion (nié \"confusion\" nie, gahôr), wat mens skaamteloos laat verlang na die werk van Herman van den Berg.
Gustav laat gesels die akkoestiese en elektriese kitaar land en sand, met prima bydraes op agtergrondsang, deur Ron Gaché se trompet en Hendri Liebenberg op klawers (\"Sweat Dreams\"). Op \'n paar plekke is die trompeteindes so \'n graad te voorspelbaar, maar die rock wat bygepluk word op \"Milkyway\" is \'n vars briesie.
Soms toon die melodieë, uit Gustav, Paul Wege en Francois Malherbe se kokers, haakplekkies vir die meer geoefende jazz-oor. Ook die lirieke slaag die toets van toeganklikheid, raak-raak maar nog net hier en daar aan grootsheid.
Byvoorbeeld op \"Windharp\" (die skrywer is onbekend), \"Song vir Roxanne\" en \"Die koffer.\" Daar ís immers oorspronkliker beelde as die groener gras aan die ander kant?
\"Donker kamer,\" geskryf deur Christine Cronje, se oënskynlik eenvoudige taal kry vlerke danksy die sterk musiek wat dié woorde dra. Van hier word die nommers onverklaarbaar al korter, byvoorbeeld die daaropvolgende \"Funny Society\" en uiteindelik \"1 Minute Mexican Noodle.\" Asof die groep oorhaastig ateljee toe is; met komposisies wat veel verder ontwikkel kon word.
Andersyds: slaan die snare terwyl hulle warm is?
Ondanks die skaafplekke en die titel, is hierdie \'n album waarop liefhebbers van Afrikaans en jazz beslis nie die rug moet keer nie. Ondersteun dié kêrels en wie weet, miskien trek hulle die gordyn nog so \'n bietjie verder voor hul pittige sygoedjies weg.

BEANTWOORD DIE VRAAG HIERONDER KORREK EN WEN GUSTAV MYBURGH SE DEBUUTALBUM WALK AWAY - MET KOMPLIMENTE VAN [email protected] IN DIE TOWN SQUARE-INKOOPSENTRUM. (VERSPREIDERS: PAUL JOUBERT-MUSIEK)

Vraag: Watter instrument bespeel Gustav Myburgh?

Faks jou antwoord, naam en foonnommers aan Die ene ore by 061 223 721. Vonkpos aan
[email protected]
. Sluittyd: Maandag om 12:00. Die eerste korrekte antwoord wat ons trek, wen.

Vorige antwoord: Fanie de Jager het in 1972 sy sangdebuut gemaak. Wenner: Helena Enslin van Windhoek.

Soortgelyk

 

Nog ‘n bejaarde op Swakopmund vermoor

16 ure gelede | Misdaad

Die ligaam van ‘n 78-jarige man is vanoggend deur lede van die Namibiese polisie by sy huis op Swakopmund in die Vineta-woonbuurt gevind. Volgens hoofinsp....

Ongeluk buite Okahandja

18 ure gelede | Ongelukke

'n Bakkie met 'n sleepwa met beeste was vanoggend buite Okahandja in 'n ongeluk betrokke.Die ongeluk het sowat 10 km noord van Okahandja op die...

Toeriste se veiligheid van belang

19 ure gelede | Toerisme

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het vanoggend tydens 'n nuuskonferensie in die hoofstad aangekondig dat 'n spesiale polisie-eenheid vir toeristeveiligheid...

Tienjarige vir moord ondersoek

1 dag gelede | Misdaad

Die polisie in die Noorde ondersoek 'n saak van moord nadat 'n 10-jarige seun na bewering die bure se vierjarige seun versmoor het deur sand...

Bouwerk aan Neckartaldam gestaak

1 dag gelede | Ministeries

Ronelle RademeyerKonstruksiewerk aan die Neckartaldam buite Keetmanshoop is gister vir die tweede keer in vier maande gestaak aangesien die minister van landbou, water en bosbou...

Sonder stene word Uis 'n broodlose dorp

1 dag gelede | Plaaslik

Des ErasmusVir 'n geskatte 2 000 afhanklikes van die unieke steenbedryf op Uis gaan die brood van hul tafels verdwyn wanneer gedwonge isolasie Namclay se...

Weer, Vrydag 18 Augustus 2017

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Aanvanklik baie koud, maar andersins mooiweer en koud tot matig. In die Noorde sal dit warm tot baie warm wees.KUS: Sonnig en warm in...

Omaruru pure perd met tentedorp

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Des ErasmusKamp Runnik noem die ­organiseerders van Omaruru se Kunsroete die tente­kommune waarmee behuisingsnood in die dorp se hoogtepunt van die jaar aangespreek gaan word....

Chinese beskuldigde in miljarde se bedrogsaak verbeur borggeld

1 dag gelede | Howe

Jacqueline Louw – Een van die sewe Chinese burgers wat saam met ’n Walvisbaaise sakeman tereg staan op klagte wat verband hou met ’n N$3,5...