Varkie geniet sy kuier by die see
Hentiesbaai moes vir twee weke bontstaan toe die dapper en avontuurlustige vark, Otti, kom kuier het.
Irene-Mari van der Walt – Hentiesbaai het al vakansiegangers uit alle oorde verwelkom, maar onlangs het 'n buitengewone besoeker 'n draai kom maak toe Otti die vark hier vakansie gehou het.
Otti woon saam met sy 'mens-ma', Loritzma van Zyl, haar man asook drie hondebroers op 'n plaas in die omgewing van Buitepos.
“Ek het lank vir Otti gewag,” sê Van Zyl. “Ek wou nog altyd 'n vark as 'n troeteldier gehad het. 'n Paar dae ná my verjaarsdag het 'n vriendin in die Suide my gebel en gesê ek moet by haar kom kuier en 'n bakkie saambring. Ek het gedink sy wou vir my 'n meubelstuk gee, maar toe was dit Otti. Dit was die beste geskenk ooit!”
Weens die huidige aandklokreël was dit moeilik om 670 kilometer met Otti te reis. “Gewoonlik verkies ons om met Otti te ry wanneer dit donker is, want dan wil varke slaap. Omdat ons eers vyfuur die oggend kon vertrek, was dit 'n bietjie moeiliker,” sê Van Zyl.
Gelukkig is Otti hondmak.
“Hy bly in die huis soos 'n hond. Wanneer ons op die plaas rondry, neem ons hom saam, so hy is die ryery redelik gewoond.”
Van Zyl sê Otti het sy vriendelike, gemaklike geaardheid op Hentiesbaai uitgeleef.
“Ons was een keer besig om die kar te pak en het nie besef hy het weggeloop nie. Teen die tyd dat ons toe besef hy is weg, was hy reeds ses of sewe huise van ons in die straat af.
“Hy het regtig 'n wil van sy eie, maar toe my man hom roep, het hy teruggekom,” sê sy.
Ewe lief as wat Otti vir die bure was tydens sy vakansie, so lief was hy vir die strand ook.
“Hy het nog nooit 'n harnas gehad nie, so ons sukkel om hom van die bakkie af te kry omdat varke nie daarvan hou van opgetel te word nie. My man het voorgestel dat ons die bakkieklap oop los en dat hy dan agteruitry totdat die klap teenaan die duin is, sodat Otti self kan op- of afklim. Die klap het skaars aan die duin geraak, of Otti het afgeklim en het onmiddellik strand toe gehardloop. Hy het die strand vreeslik geniet,” sê Van Zyl.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie