Varkgriep staan op 10
Hoewel meer mense intussen met die H1N1-virus gediagnoseer is, is geen nuwe sterftes aangemeld nie.
Denver Kisting – Die aantal bevestigde gevalle van varkgriep in Namibië staan tans op 10.
Dr. Dave Uirab, wat die reaksiespan namens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste lei, het gistermiddag gesê drie van dié pasiënte word tans in die Katutura-staatshospitaal behandel.
Volgens hom verkeer hulle almal in ’n bestendige toestand.
Dié virus, wat deur die owerhede as ’n seisoenale griep beskou word, het Vrydag sy eerste slagoffer geëis.
Intussen het me. Sanet Steenkamp, die permanente sekretaris (PS) van onderwys, kuns en kultuur, gistermiddag gesê drie leerlinge aan Laerskool Orban in Windhoek sal vir die res van die week tuis bly.
Gister is ’n brief aan ouers van dié skool gestuur waarin die skoolhoof hulle inlig drie bevestigde gevalle van die H1N1-virus is by leerlinge gediagnoseer.
Steenkamp het gister gesê die onderwysministerie beskik nie oor uitslae van laboratoriumtoetse om dié inligting te bevestig nie.
Die ouers van die betrokke leerlinge het die skool ingelig hul kinders is met varkgriep gediagnoseer, het sy gesê.
Om te verhoed dat ander ouers paniekerig raak, het die skoolhoof dié brief geskryf, het Steenkamp gesê.
Volgens haar sal ’n span van die gesondheidsministerie die skool vandag besoek om vas te stel wat presies aangaan.
’n Man (45) van Rehoboth het Vrydagmiddag weens varkgriep in ’n Windhoekse hospitaal gesterf.
Niemand is sedertdien weens dié siekte dood nie, het Uirab gister gesê.
Meer as 8 000 gevalle is tydens die laaste uitbreking van varkgriep, wat tydens 2010 en 2011 amok gesaai het, aangemeld.
Me. Petronella Masabane, PS van gesondheid en maatskaplike dienste, het vroeër gesê 102 gevalle hiervan was wel varkgriep.
In daardie stadium, het sy gesê, is Ohangwena, Omusati en ||Kharas die swaarste getref.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie