Vandalisme strem hepatitis-veldtog
Vandalisme strem hepatitis-veldtog

Vandalisme strem hepatitis-veldtog

Gevalle van hepatitis E gaan nie afneem totdat alle prosesse rakende ingrypings afgehandel is nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Vandalisme en diefstal strem 'n noodreaksieplan teen 'n hepatitis E-uitbreking wat sedert Oktober verlede jaar die lewe van vyf mense geëis het.

Mobiele toilet- en handewasgeriewe wat die Windhoek-munisipaliteit vir inwoners in die Havana en Goreangab informele nedersettings aangebring het, word egter óf gesteel óf gebreek.

Verlede week is 88 gevalle binne sewe dae aangemeld.

Volgens dr. Lillian Kahuika, mediese epidemioloog verbonde aan die ministerie van gesondheid en maat­skaplike dienste, is 832 gevalle van die siekte tot en met 18 Februarie aangeteken. Hiervan het 90 positief vir die siekte getoets, terwyl daar nog op die uitslae van 143 pasiënte gewag word. Ook uit die totale aantal gevalle is 551 klinies gediagnoseerde gevalle wat meestal uit die episentrum van die uitbreking, Havana en Goreangab, afkomstig is.

“Dié mense toon die simptome van hepatitis E en omdat hulle uit die geraakte gebiede kom, is die kans 98% dat hulle wél die siekte onder lede het. Hulle word egter nie hiervoor getoets nie,” het Kahuika verduidelik.

Volgens Kahuika word die toetse vir hepatitis E in Suid-Afrika gedoen en duur dit tot 'n week om die uitslae te ontvang. “Ons ervaar egter vertragings wat moontlik op 'n agterstand kan dui.”

'n Vrou wat 23 weke swanger was, is die jongste slagoffer van dié siekte wat grootliks deur rioolbesmette drinkwater oorgedra word.

Volgens Kahuika het die vrou 'n miskraam gehad en kort daarna gesterf.

Sy het gemaan 'n afname in die aantal gevalle van hepatitis E sal nie waargeneem word totdat alle prosesse rakende ingrypings afgehandel is nie.

“Ingrypings soos waterpunte en mobiele toilette is 'n voortgesette proses.

“Vandalisme en diefstal strem egter die veldtog geweldig, en is teleurstellend en ontmoedigend.”

Ook mobiele eenhede vir handewas wat veral gemik is op markte en straatverkopers van voedsel, is óf gebreek óf weggedra.

Volgens Kahuika is daar wel gevalle van die siekte in ander dele van die land aangemeld, maar dit was mense wat dit in Windhoek opgedoen en dan na 'n ander gebied gereis het.

Met verwysing na van die ministerie tot die munisipaliteit se bewusmakingsveldtogte sê Kahuika dit wil voorkom of mense tog meer bewus van die simptome en die nodige veiligheidsmaatreëls raak.

Simptome van die siekte sluit onder meer akute geelsug, donker urine, abdominale pyn veral aan die regterkant, erge moegheid en ook naarheid in.



noodplan

Die inkubasietydperk vir die siekte wissel van twee tot tien weke, met die meeste gevalle wat vier tot ses weke ná blootstelling voorkom.

Die munisipaliteit se noodplan sluit die voorsiening van basiese munisipale dienste soos water, sanitasie, afvalbestuur, asook 'n opvoedingsprogram in geraakte gebiede in. Sowat 330 gemeenskaplike toilette in die geraakte gebiede sal herstel word, terwyl 'n rioolpypleiding in Havana skoongemaak en vyf nuwe staanpype opgerig is om toegang tot draagbare water te vergemaklik.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.27 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 199.60/OZ UP +0.40% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0019 | Zinc US$ 2 441.60/T DOWN -0.61% | Brent Crude Oil US$ 86.61/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 896.95/OZ UP +0.23% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.27 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 199.60/OZ UP +0.40% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0019 | Zinc US$ 2 441.60/T DOWN -0.61% | Brent Crude Oil US$ 86.61/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 896.95/OZ UP +0.23%