Vandag op die NSX: Enkele transaksies op plaaslike indeks
Jo-Maré Duddy – Capricorn Investment Group (CGP) was die enigste maatskappy op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) wat vandag besigheid gedoen het.
Net twee transaksies is beklink, wat totale dagverhandeling op die plaaslike indeks op N$104 753 te staan gebring het. Maandag is N$133 560 in totaal op dié indeks verhandel.
Capricorn se aandele is vandag teen N$17,65 stuk van die hand gesit, dieselfde as Maandag.
Die plaaslike indeks het vanmiddag, soos Maandag, op 555,25 punte gesluit.
Op die algehele indeks van die NSX is meer as N$20,68 miljoen se aandele vandag in totaal verhandel vergeleke met sowat N$147,9 miljoen Maandag. Dié indeks het met 0,6% verstewig en het vanmiddag op 1 107,08 punte gesluit.
Die JSE se indeks van alle aandele het met 0,24% gestyg.
Oceana Group Ltd was die grootste wenner op die algehele indeks met sy sluitingsprys van N$118,49 per aandeel wat 2,8% hoër as dié van Maandag was.
Paladin Energy Ltd, die meerderheidsaandeelhouer in die Langer Heinrich-uraanmyn, was die grootste verloorder. Paladin se sluitingsprys het met 8,5% tot N$1,18 stuk geval.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie