Vandag (28/2) op die NSX: Capricorn bons terug

28 February 2017 | Sakenuus
Jo-Maré Duddy – Met ‘n sluitingsprys wat 42c stuk hoër as dié van gister was, het Capricorn Investment Group vandag amper vergoed vir sy terugslag gister.
Carpricorn het vanmiddag op N$17,62 per aandeel op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) geëindig, 2,4% stewiger as gister. Die groep moes gister 43c stuk op sy sluitingsprys teenoor dié van Vrydag ingeboet.
Die altesaam N$96 945 wat vandag in totaal op die plaaslike indeks verhandel is, was alles Capricorn-transaksies. Gister is bykans N$12,94 miljoen in totaal op dié indeks verhandel.
Die plaaslike indeks het vandag op 574,83 punte gesluit, 0,42% hoër as gister.
Meer as N$110,2 miljoen se aandele in totaal het vandag op die algehele indeks van hande verwissel vergeleke met bykans N$152,7 miljoen gister. Die indeks het vandag met 0,52% teruggesak en het op 1 082,04 punte geëindig. Die JSE se indeks van alle aandele het vandag met 0,68% teruggesak.
B2Gold Corp was vandag die grootste verloorder op die algehele indeks. Dié meerderheidsaandeelhouer in die Otjikoto-goudmyn het op N$39,26 per aandeel gesluit, N$4,33 stuk of 9,9% laer as gister.
Capricorn was vandag die grootste wenner op die algehele indeks.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

1 dag gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

1 dag gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

1 dag gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

1 dag gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...