Van Wyk spreek UPM se uitvoerende komitee toe

23 November 2021 | Politiek
Ronelle Rademeyer

Die waarnemende president van die United People’s Movement (UPM) sê dié party verwerp die bedrag waarop Namibië en Duitsland ooreengekom het as vergoeding vir die volksmoord van 1904-’08.

Hy sê dit is ‘n belediging vir die geraakte partye.

Van Wyk het dié opmerkings Saterdag gemaak toe hy ‘n vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee in Windhoek toegespreek het.

Hy het ook gesê die UPM sal voortgaan om die insluiting van die leiers van alle geraakte gemeenskappe by die onderhandelinge te eis. Dit sluit die San, Damaras en die Rehoboth Basters in.

Hy het verder gesê dit wil lyk of daar verwarring bestaan oor die UPM se betrekkinge met die Popular Democratic Movement (PDM).

Van Wyk sê hoewel die twee partye ooreengekom het om tydens die 2019 presidensiële en nasionale verkiesings saam te werk, bly dit twee afsonderlike partye.

“Ek wil dit duidelik maak die UPM het nooit by die PDM geaffilieer nie en het ook nie as ‘n party sy registrasie by die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) opgegee nie."

Hy sê die feit dat die UPM die minderheidsparty in dié alliansie is, beïnvloed nie sy gesag as ‘n politieke party nie.

“Ons verwerp die behandeling wat die UPM in die parlement kry, ten sterkste,” was sy woorde.

Van Wyk, wat die waarnemende president is sedert die afsterwe van die party se president, mnr. Piet Junius, aan Covid-19 vroeër vanjaar, het ook aan lede van die uitvoerende komitee gesê die UPM sal aanhou om hom vir die regte van onderdrukte mense in die land te beywer.

Hy sê die party sal gefokus bly op ‘n beter môre vir toekomstige geslagte deur kwessies soos geslagsgelykheid, geslagsgeweld en alkohol- en dwelmmisbruik in gemeenskappe te takel. Die party sal ook voortgaan om hom te beywer vir ‘n basiese inkomstetoelaag (BIG).

Wat pleidooie vir die wettiging van aborsie betref, het Van Wyk gesê die UPM steun dit nie. - [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

4 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

4 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

5 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

9 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

19 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

19 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

19 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...