Van Walvis tot wêreldklas animasieregisseur

Twéé van die films waaraan die gebore Walvisbaaier gewerk het, was vir die Golden Globe-toekenning vir beste animasiefilm benoem, insluitend die wenfliek.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die Namibies gebore Reginald Amukoshi Emvula was een van die regisseurs van die animasiefilm Encanto wat Maandagoggend die Golden Globe-toekenning vir die beste animasiefilm verower het.

Emvula het vir Walt Disney Animations Studios as tegniese regisseur vir karakters aan die film gewerk, asook vir ’n ander animasiefilm Raya and the Last Dragon wat ook vir beste animasiefilm genomineer was.

Die wenner is vroeg gisteroggend, tussen vieruur en 06:00 Namibiese tyd, aangekondig terwyl die meeste Namibiërs nog ingesluimer was.

Die ander drie genomineerde films was die Italiaanse seemonsterfliek Luca wat deur Disney-Pixar vervaardig is, die Deense dokumentêr Flee en die Tsjeggiestalige drama My Sunny Maad.

SY PAADJIE NA WALT DISNEY

Emvula is in die kusdorp Walvisbaai gebore. Hy het sy hoërskoolloopbaan by The British School of Paris voltooi en daarna karaktermodellering en animasie by die Leeds Beckett-universiteit gestudeer.

Daarna het hy by die New York Film Academy ingeskryf en vir ’n paar Super Bowl-advertensies as FX-kunstenaar gewerk.

’n FX-kunstenaar skep visuele effekte in flieks, TV-programme, advertensies en speletjies. Hulle is verantwoordelik vir die skep van die effek van byvoorbeeld rook, vuur, water, vernietiging of botsings tussen voorwerpe.

Emvula het hierna by DreamWorks in Los Angeles, Kalifornië, begin werk en ná twee jaar en drie films het hy die skuif na Walt Disney gemaak waar hy aan Raya and the Last Dragon begin werk het.

Emvula was ook as effekte-kunstenaar vir karakters in die 2021 animasiefilm The Boss Baby: Family Business betrokke en die 2019-films How to Train Your Dragon: The Hidden World en Abominable.

DIE BETOWERENDE ENCANTO

Encato is ’n Latyns-Amerikaanse musiekblyspel wat handel oor ’n buitengewone familie, die Madrigals. Hulle woon in die berge van Colombia in ’n bekoorlike plek genaamd “Encanto”.

Die toorkuns van Encanto het elke kind in die gesin met ’n spesiale vaardigheid geseën, behalwe vir Mirabel. Sy is die hoofkarakter gespeel deur Stephanie Beatriz, beter bekend vir haar rol as Rosa in die gewilde TV-sepie Brooklyn Nine-Nine.

Mirabel kan binnekort die Madrigals se laaste hoop wees wanneer sy ontdek dat die betowering rondom Encanto in gevaar is.

[email protected]

FOTO’s
'Encato' het vroeg Maandagoggend die Golden Globe-toekenning vir beste animasiefilm verower. Foto Golden Globe webwerf.
Reginald Amukoshi Emvula is in Walvisbaai gebore en woon nou in Los Angeles, Kalifornië. Foto Twitter

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!