Van topatleet tot afrigter
Van topatleet tot afrigter

Van topatleet tot afrigter

Om kinders 'n passie vir 'n gesonde leefstyl te gee, is haar doel.
Tanja Bause
Tanja Bause



Al wat sy wou doen, is om kinders vir driekamp lief te maak.

Daarom, sê Charmaine Shannon, het sy die T-Rex Tribe begin.

Charmaine, wat op Tsumeb gebore is, het ná skool 'n jaar lank in Suid-Afrika vir Sports for Christ Action gewerk voor sy 'n driejaarkursus in natuurbewaring in Namibië voltooi het.

“Toe ek klaar gestudeer het, wou ek 'n jaar lank net sport doen en oefen. Maar ek het vinnig besef ek moet ook geld verdien. Ek het as kelnerin begin werk en ook by die Olimpiese komitee.”

Terwyl sy by die Olimpiese komitee gewerk het, het sy gehoor van 'n beurs wat die Internasionale Olimpiese Komitee aanbied en daarvoor aansoek gedoen.

“Ek het 'n beurs vir een jaar se sportontwikkeling in Kanada gekry. Ek het op driekamp, fietsry, swem, hardloop en bergfietsry gefokus. Terwyl ek daar was, het ek ook sportsielkunde en afrigting geswot.”

Met haar terugkeer na Namibië het Charmaine as afrigter in verskeie sportsoorte gewerk.

Sy het onder meer tennis en swem afgerig en in 'n gimnasium gewerk. In 2005 het sy namiddae klein groepe kinders begin afrig.

“Ek het ook daai jaar al met driekamp, aktiwiteite en kampe begin. In 2009 het ek besluit om nie langer vir ander mense te werk nie en het ek voltyds met T-Rex Tribe begin.

“Soggens gedurende skooltyd rig ek die kinders in swem en fietsry af. Smiddae rig ons multisport af. Ons hou een keer 'n maand 'n aktiwiteit en elke vakansie 'n kamp.

“Omdat ek natuurbewaring gestudeer het, probeer ek die kinders van natuurbewaring bewus te maak. Die kampe is ook net om weer kind te wees.

“Die kinders trek tou, skiet kettie en slaap in 'n tent. Alle kinders is welkom om deel van die kampe te wees, al is hulle nie deel van die T-Rex Tribe nie,” sê Charmaine.

Kinders van so jonk as twee jaar oud kan leer swem en fietsry. Hulle neem ook aan die aktiwiteite deel en kan van vyfjarige ouderdom af saamkamp.

Volgens Charmaine was T-Rex se doel om driekamp te ontwikkel, maar kinders hou nie van so baie sport nie en wil eerder net swem of fietsry.

“Dit beteken nie ons skeep driekamp af nie. Daar is wel kinders wat belang stel, en driekamp bly my passie.”



Sportloopbaan

Charmaine was in 'n stadium een van die top- vrouedriekampatlete in Namibië. Sy het terwyl sy in Kanada gestudeer het, provinsiale kleure vir driekamp in die land gekry.

“Ander hoogtepunte sluit die Cape Epic in wat as die Tour de France vir bergfietsry beskryf word, wat ek in 2007 gery het. In 2010 was ek as afrigter saam na die Jeug- Olimpiese Spele in Singapoer. In dieselfde jaar was ek ook in Dubai by die Biathlon World Cup. In 2002 het ek aan die wêreldkampioenskappe vir driekamp-langafstand in Frankryk deelgeneem. In 2014 was ek weer in Frankryk vir die kano-polo-wêreldkampioenskappe en in 2012 was ek in Duitsland saam met die vlugbalspan.”

Charmaine was ook al president van die driekampfederasie.

“Tot 2014 was ek baie besig met sport en toe raak ek te besig met werk. Nou neem ek vir die pret aan hindernisbaanwedlope en ­driekampe deel. Ek het ook al aan alle fietsry- en hardloopwedrenne in Windhoek deel­geneem.”



CSR multisport-reeks

“Ek is deur 'n Amerikaner, Gabe Manner, genader om die CSR multi­sport-reeks in Namibië aan te bied. CSR staan vir sentrale sporthervorming en die doel is om meer twee- en driekampe in Wes-Afrika aan te bied vir Olimpiese ontwikkeling.”

Die eerste driekamp is verlede jaar op Walvisbaai gehou. Vanjaar is een reeds op Walvisbaai gehou met nog kompetisies wat in Windhoek, op Swakopmund en Walvisbaai gehou sal word.

“Namibië, Kenia, Rwanda, Benin, Zambië en Ghana is deel van die CSR-reeks. Ek, Gabe Manner en Alexis Mbaraga van Rwanda, is die mense agter die reeks en het dit ontwikkel. Dit is verlede jaar vir die eerste keer in Namibië aangebied en sal vanjaar in ander Afrikalande aangebied word.”

“Die CSR-reeks, nes T-Rex, se hoofdoel is om driekamp en tweekamp te bevorder, maar omdat nie almal daarin belangstel nie kan atlete by elke CSR-byeenkoms ook net aan een resies deelneem. Hulle kan byvoorbeeld net die 10 km-fietsry of hardloop doen.

“Dit is vir my baie belangrik om 'n gesonde leefstyl te hê en die saadjie by jong kinders te plant en te hoop dit groei en word 'n instelling.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.02 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.65/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.41% | Zinc US$ 2 858.80/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 911.96/OZ UP +1.09% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.02 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.65/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.41% | Zinc US$ 2 858.80/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 911.96/OZ UP +1.09%