Van Rooyen stof Amerikaners op hul eie werf uit

Die Namibiër se eindposisie word as ’n fenomenale prestasie beskryf.
Andrew Poolman
James van Rooyen en Thinus Williams was onlangs Namibië se twee verteenwoordigers by die 2017 Nasieskampioenskap van die BASS (Baarshengelaars Sportmangemeenskap) wat by die Hartwell-meer in Amerika.

Die meer op die grens van die state Georgia en Suid-Carolina beslaan 230 vierkante kilometer, met ’n oewerlyn van 1 548 kilometer.

Toestande vir visvang verskil grootliks van waaraan Namibiërs gewoond is, omdat die reuse-omvang van die meer die baarsvisse se gewoontes in terme van aas soveel anders maak.

Van Rooyen was in die kompetisie vir skipper en Williams in die kompetisie vir tweede hengelaars in ’n boot.

Elke land kan jaarliks sy twee voorste hengelaars na die Nasieskampioenskap stuur, met meer as 100 hengelaars van nege lande en elke Amerikaanse staat wat sake uitgespook het.

’n Aansporing was dat die algehele topdrie hengelaars uitnodigings kry om aan die Bassmaster Classic, die mees gesogte toernooi in die sport ter wêreld, deel te neem.

Die Nasieskampioenskap het oor drie dae gestrek. Ná dag twee het net die top-40 hengelaars oorgebly om op die laaste dag mee te ding.

Van Rooyen het besonder goed gehengel en het deurgedring om tot die laaste dag te vorder – die eerste hengelaar uit Afrika wat dit in die afgelope vyf jaar regkry.

Die Namibiër se algehele agtste posisie is ’n fenomenale prestasie, in ’n toernooi wat tradisioneel deur Amerikaanse hengelaars oorheers word. Sy totaal was skaars drie pond (minder as ’n kilogram) buite die topdrie posisies om ’n uitnodiging na die Bassmaster Classic te beklink.

Op die eerste dag is Williams saam met ’n Japanse skipper in ’n span gevoeg. Hulle het aanvanklik in die vlakker water begin visvang en later aanbeweeg na die dieper water waar die baars in skole bymekaar is.

Williams het op die eerste dag drie visse ingeweeg, voordat hy die volgende dag as die hengelaar saam met ’n Amerikaanse skipper gegroepeer is. Dit is ’n besondere uitdaging om elke dag met ’n nuwe hengelaar gekombineer te word, omdat die twee by mekaar se style moet aanpas. Terselfdertyd is dit egter ook uiters leersaam vir ’n hengelaar se ontwikkeling van veelsydigheid.

In die kompetisie vir hengelaars wat nie skippers is nie, het Williams 49ste klaargemaak.

Van Rooyen verduidelik sy strategie vir die drie dae soos volg: “Op dag 1 en 2 het ek my visse gevang deur ’n otlood-knalprop te gebruik (’n soort kunsaas wat op die wateroppervlak dobber en visse dus boontoe lok tot waar jy hulle met die blote oog kan sien).

“Ek het my visse gevang in dele ver van die oewer, waar die water omtrent 12 tot 18 voet diep was en waar dan ’n skerp hoogteverskil tot ’n diepte van 100 voet voorgekom het. Ek het elke dag by tussen 30 en 50 plekke probeer visvang en het vinnig aanbeweeg wanneer die vis nie gou gebyt het nie.

“Op dag drie het die visse baie traag gebyt en ek het ’n wit ‘super fluke’ (plastiek kunsvissie) met baie stadige, geduldige bewegings gebruik.”

Vir beide Van Rooyen en Williams was die toer die ondervinding van ’n leeftyd, met herinneringe wat hulle vir die res van hul lewe sal koester.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22%