Van Niekerk weer koning van Tara
Die Suid-Afrikaanse span Japie van Niekerk (regs) en sy navigator Gerhard Snyman het die naweek die tweedaagse Total Tara-tydren gewen wat vir die eerste keer vanaf Swakopmund na Windhoek gehou is. Vir Van Niekerk is dit die vierde keer dat hy die tydren in Namibië kom verower het, wat hom die onbetwiste toonaangewende jaer in die 50-jarige geskiedenis van die Tara maak. Tussen die twee wenjaers staan Justin Allan, wat die S3-klas 4x4 Ford Fieta S2000 deurentyd in topkondisie gehou het. Die tweede posisie is deur die Namibiese paar Wilro Dippenaar en Riaan van der Westhuizen ingeneem, met Jaco Redelinghuys en Dries Booysen wat die derde plek ingeneem het. Lees ook berig binne in Sport Wrap. Foto Tielman van Lill
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie