Van Heerden vanjaar se speenkalfkampioen
Die Nasionale Speenkalf-kampioenskappe bring ‘n diverse boerderygemeenskap bymekaar waar kennis gedeel en topdiere ten toon gestel word.
Loraine van Heerden is Agra se Nasionale Speenkalf-kampioen vir 2018.
Van Heerden het tydens ‘n dinee wat op Donderdag 8 November by die River Crossing Lodge aangebied is, die derde vrou sedert die Nasionale Speenkalf-kampioenskappe se ontstaan geword om met dié titel vereer te word.
Volgens Agra is dit ‘n aanduiding van die groeiende teenwoordigheid van vroue in Namibië se landbou-bedryf.
Die sentrale, suidelike en noordelike streekskampioene het ook toekennings by die geleentheid ontvang.
Die kompetisie het uit drie kategorieë bestaan: Voerkraalpotensiaal, veldpotensiaal en teelpotensiaal van verse. Die beoordelingskriteria het onder meer ingesluit ideale gewig (220 kg tot 250 kg vir maksimum punte), boerderymetodes, eenvormigheid as dit by speenkalf-tipe en gewig kom, en bouvorm, asook groeipotensiaal en spier- en teelpotensiaal van verse.
Die uitvoerende hoof van Agra, Arnold Klein, het Agra se toewyding tot die ontwikkeling van die landbousektor in Namibië beklemtoon.
“Ons is trots dat dié kompetisie ‘n diverse boerderygemeenskap, wat wissel van kleinskaale hervestigde boere tot kommersiële boere, kon lok. Die kompetisie lei nie net tot suksesstories nie, dit skep netwerke en geleenthede vir produsente om bande te vorm. Dit gun ook telers die geleentheid om hul beste speenkalwers ten toon te stel. Dit skep ‘n platform vir telers om die beste metodes te deel, waarmee hulle hul kennis kan uitbrei.”
Die geleentheid is deur borge, deelnemers van die kompetisie, genooide gaste en Agra se bestuurspan bygewoon.
Kontant en goedere met 'n gesamentlike waarde van ongeveer N$450 000 is deur die borge ingesamel. Bank Windhoek, Feedmaster, Sanlam en Santam was die hoofborge, terwyl AgriBank, Bayer, Hino Indongo/Indongo Toyota, MSD, Paratus Africa en Power Bat ook bydraes gelewer het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie