Van haweloos tot helpende hand
Tanja Bause
'n Eens hawelose vrou help deesdae gestremde en honger kinders.
Laas jaar het die God's Garden-skooltjie in Tsumkwe sy deure oopgemaak. Aanvanklik was dit 'n skool vir gestremde kinders, maar nou het die skool ook amper 80 kinders wat daagliks hier kos ontvang.
Vier jaar gelede het me. Louise Steyn in Tsumkwe aangekom en vandag is haar droom om kinders te help uiteindelik verwesenlik. Steyn was self lank haweloos en is al jare by kinders betrokke.
“Ek het met al my aardse besittings in 'n trollie op Swakopmund en Walvisbaai se strate en strande gewoon. Hier het ek baie tyd met straatkinders deurgebring en hulle gehelp waar ek kon,” sê Steyn.
Sy was in die verlede aan dwelms verslaaf en juis dié ervaring spoor haar aan om hoofsaaklik kinders van die Sam-gemeenskap in Tsumkwe te help.
“Ek was jare lank op straat. Ek weet wat dit is om swaar te kry. In Tsumkwe is daar baie sjebeens en alkoholmisbruik is algemeen. Ma's sluit hul kinders toe om te gaan drink. Hulle word verwaarloos en kry nie kos nie. By my kry hulle ontbyt en middagete sewe dae 'n week. Ek deel als wat ek het met hulle,” sê Steyn.
Aanvanklik het sy die kinders net ses dae 'n week kos gegee en vir hulle skool gehou, maar deesdae kom hulle ook op Sondae - en sy geniet dit ten volle.
“Ek kan my nie 'n lewe sonder die kinders indink nie. God het hulle in my hande geplaas. Ons is almal instrumente en deel van Sy plan.”
Steyn en 'n San-man het die gebou waarin die kinders skoolgaan self gebou.
“Die gebou moet nog geverf word. As daar dalk iemand is met 'n blikkie verf wat ons kan gebruik, sal ons dit baie waardeer. Ek wil nie geld hê nie, maar kos vir die kinders. Opvoedkundige speelgoed, skryfbehoeftes en meubels vir die skool is ook baie welkom. Dit hoef nie nuut te wees nie. Ons is ook tevrede met tweedehandse goed.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie