Valse kerkleiers gekritiseer
Valse kerkleiers gekritiseer

Valse kerkleiers gekritiseer

Catherine Sasman
Catherine Sasman

Die president van die Vereniging van Charismatiese Pinksterkerke van Namibië (ACPCN), ds. Fritz Gaweseb, sê ongedissiplineerde, “sogenaamde” godsdienstige leiers is nie lede van die sambreel-organisasie nie.
Die ACPCN het middel Augustus vergaderings met leraars in die Kavango- en Zambezi­streek gehou waar sowat 180 kerkleiers hul kommer uitgespreek het oor onbetaamlike gedrag van mense wat hulle as geestelike leiers voordoen.
Gaweseb het gesê die ACPCN is “moeg van die ongevraagde, ongoddelike en onprofessionele gedrag” van pastore wat die beeld van die kerk en Christenskap in die algemeen bevlek.
“Dit is raadsaam dat ’n kerkleier goeie geestelike ervaring, ’n skoon rekord en ’n goeie naam in gemeenskappe sal hê,” het Gaweseb gesê.
Hy het gesê kerkleiers moet nie net die regte akademiese kwalifikasies hê nie, maar ook vaardighede, wat Bybelse kennis insluit. Hulle moet ook geestelike afrigters wees wat self ’n mentorskap-program deurloop het.
“Ons is moeg van selfopgelegde, selfaangestelde, gesalfde en geordende leiers wat nie die regte kwalifikasies en goedkeuring het om ampte van pastore, biskoppe en diakens te beklee nie. Die Bybel gee ons die mandaat om sulke mense te dissiplineer,” het Gaweseb gesê.
“Die sondige en ongewenste gedrag van valse leiers moet ernstig na gekyk en ontwortel word, want dit is gelykstaande aan korrupsie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!