Vakbondraad eis verskoning van president
Vakbondraad eis verskoning van president

Vakbondraad eis verskoning van president

Tucna vra vrae oor SME Bank en eis ’n ondersoek na die 'mors' van geld
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Vakbondraad van Namibië (Tucna) het op 22 Maart ’n beroep op President Hage Geingob gedoen om in die openbaar verskoning te vra vir salarisverhogings wat aan politici toegestaan is.

Hulle sê die verhogings is gedoen sonder dat die regte prosedure gevolg is, soos dat dit eers in die Staatskoerant gepubliseer moes wees.

Volgens Tucna se sekretaris-generaal, mnr. Mahongora Kavihuha, moet die president die saak regstel en verseker dat die regte prosedure gevolg word.

Kavihuha sê is dit "verstommend" dat die president "skaamteloos" erken het dat ’n besluit wat die publiek se geld raak sonder prosedure geïmplementeer is.

“Politici se verhogings, wat laas jaar reeds goedgekeur en toegeken is, is onwettig omdat dit nie eers in die Staatskoerant publiseer is nie,” sê hy.

Hy sê die hele proses was “omstrede”.

“Die president moet vir die hele nasie verskoning vra oor die verwarring wat die onreëlmatige gedrag veroorsaak het,” sê Kavihuha.

In ’n perskonferensie het die Tucna-leier ook verwys na die Bank van Namibië (BON) se optrede in die SME Bank-kwessie.

Kavihuha glo ’n kommissie van ondersoek sal binnekort volg, en dat die uitslae daarvan waarskynlik nie bekend gemaak sal word nie.

Hy sê die sentrale bank is nie onskuldig wat die verdwyning van geld by die klein besigheidsbank betref nie. BoN is veronderstel om daagliks, of ten minste jaarliks, toesig te hou oor alle banke in die land, sê hy.

“Hulle het geslaap."

Tucna eis ook antwoorde by die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) se uitvoerende hoof, me. Milka Mungunda, wat ook op die raad van die SME Bank dien.

Hulle wil weet hoe sy kon toelaat dat N$11 miljoen verlede jaar uit SCC se rekening by SME Bank beland het - glo vir die strydkinders. Mungunda moes hiervan bewus gewees het, sê Kavihuha.

Hy het ook mnr. George Simataa, kabinet-sekretaris en voorsitter van die SME Bank, se optrede bevraagteken.

Kavihuha wil weet hoe Simataa, wat toegang tot Staatshuis het, die oordrag van dié geld kon ondersteun.

Tucna het die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) gevra om ondersoek in te stel en uit te vind wat werklik by SME Bank aangaan.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!