Vakbondleier: Kawana, Seaflower moet vergader
Vakbondleier: Kawana, Seaflower moet vergader

Vakbondleier: Kawana, Seaflower moet vergader

Nog ’n salvo skote het die afgelope dae in die kwota-geveg tussen Seaflower Pelagic Processing en sy aandeelhouer, Fishcor, geklap.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – ’n Vakbondleier pleit in ’n e-pos aan die ministerie van visserye en mariene hulpbronne dat kwotas aan Seaflower Pelagic Processing (SPP) op Walvisbaai vir die vang en verwerking van 9 000 ton maasbanker, nie teruggetrek word nie.

Die president van die Namibië Visbedryf- en Viswerkersvakbond (NFI & FWU), mnr. Daniel Imbili, versoek die uitvoerende direkteur van dié ministerie, me. Annely Haiphene, om “nie toe te laat dat die werkers boet vir die foute van diegene hoog op” nie.

Hy sê die vakbond gee die direksie en die ministerie “’n paar dae tyd om hul huis in orde te kry” en vra die minister, dr. Albert Kawana, moet môre met die belanghebbende partye vergader.

“Moenie dat die werkers langer ly nie, want hulle het niks verkeerd gedoen nie. Laat die produksie voortgaan terwyl probleme op ’n hoër vlak opgelos word,” lui sy e-pos.

Sy versoek Dinsdag volg nadat die hoofbestuurder van SPP, mnr. Adolf Burger, Maandag in ’n brief aan Haiphene ontken het dié verwerkingsaanleg het twee maasbankerkwotas van onderskeidelik 5 000 en 4 000 ton verkoop. Die kwotas is vroeër vanjaar toegeken met die doel om werkers in diens te hou.

Mnr. Mihe Gaomab II, voorsitter van die tussentydse raad van die National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor), het Kawana vroeër vandeesmaand skriftelik in kennis gestel dat in oorleg met die minister van staatsondernemings (SOE’s), mnr. Leon Jooste, besluit is om te vra dat die kwotas aan SPP teruggetrek en aan ander vismaatskappye toegeken word.

Gaomab II het aangevoer dit moet gedoen word sodat ander maatskappye die 655 werkers wat deur SPP afgelê is, in diens kan neem.

Burger sê in sy brief aan die ministerie SPP “is in geen wetlike posisie om kwotas te verkoop indien Fishcor nie instem nie”.

SPP het in 2017 tot stand gekom nadat Fishcor met African Selection Trust (AST) ’n ooreenkoms gesluit het om as bedryfsvennoot ’n visverwerkingsaanleg vir maasbanker op te rig, vissersbote aan te skaf en die vangste te bemark. Fishcor besit 40% van die aandele in SPP en AST 60%. Die ooreenkoms het verder ’n jaarlikse maasbankerkwota van 50 000 ton aan SPP gewaarborg.

SPP se voorsitter, mnr. AJ Louw, het vroeër aan Republikein gesê Fishcor het nie by die ooreenkoms gehou nie en skuld SPP sowat 95 000 ton se kwotas waarvan die waarde sowat N$250 miljoen beloop.

Burger sê verder in sy brief SPP bevind hom in onstuimige vaarwaters en verseker Haiphene die maatskappy het te midde van moeilike omstandighede nie een van die werkers in die steek gelaat nie.

Hy sê hulle het tydens die wintermaande toe die maatskappy nie vis gevang het nie, ’n minimum ex gratia-betaling gekry.

Volgens hom hoop die bestuur dat SPP se aandeelhouers hulle geskille sal besleg sodat dié 655 werkers voltyds in diens geneem kan word.

“Indien ons daarin kan slaag om dwarsdeur die jaar kwota te kry, kan ons van 2021 af meer as 1 100 voltydse werkers in diens neem. Dit is 45% van die Namibiërs wat in die maasbankerbedryf werk,” sê Burger.

Imbili sê Namibiërs wil nie hê SPP se fabriek moet soos Ramatex “’n wit olifant” word nie en voeg by dit is tyd dat die partye vergader en hul geskille besleg.

Intussen het Haiphene gister by navraag gesê Imbili se versoek vir 'n vergadering is te laat ontvang om môre al te kan geskied. "Ons het dit eers vandag (gister) gekry, en minister Kawana het reeds ander verpligtinge Vrydag."

Sy het ook bevestig 'n uitnodiging is deur die bestuur van SPP aan die ministerie gerig om die aanleg te besoek en 'n toer deur die fabriek te onderneem. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48%