Vakbonde woedend oor afleggings
Vakbonde woedend oor afleggings

Vakbonde woedend oor afleggings

Vakbonde meen maatskappye wat oortree, moet met die terugtrekking van kwotas en lisensies gestraf word.
Augetto Graig
Augetto Graig

Die Namibiese Nasionale Werkersunie (NUNW), die Namibiese Vakbond vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) en die Namibiese Unie vir Huishulpe en Verwante Werkers (NDAWU) sê die uitbreek van Covid-19 word as verskoning gebruik om werknemers onreëlmatig, onregverdig en eensydig af te dank.

“Sommige Namibiese werkgewers is baie ongevoelig teenoor werknemers, veral laer inkomste werkers en dié met onsekere werksomstandighede. Werkers in sekere sektore soos huishoudelike werkers word heeltemal mishandel,” sê mnr. Job Muniaro, sekretaris-generaal van die NUNW.

Verlofdae word afgevat, werkers word gedwing om op verlof te gaan, en verloftoelae word nie uitbetaal wanneer werkers die deur gewys word nie, sê hy.

“Daar word geen afdankingsprosedure gevolg nie. Geen redes vir afdanking word verskaf nie. Geen alternatiewe word oorweeg nie,” sê hy. Volgens Muniaro word die arbeidswet heeltemal geïgnoreer en die berekening van uitbetaling word nie reg gedoen nie.

Verder voel die vakbond verraai deur die Namibiese Werkgewersfederasie (NEF), sê Muniaro.

“Dit is kommerwekkend om briewe vanaf die NEF na regters te sien,” sê hy. Muniaro verwys na regsaksie wat die NEF oorweeg teen die regering se totale verbod op afleggings gedurende die Covid-19 inperking.

Hy sê die NEF organisasie volg die regstappe “agter ons rug,” nadat hulle deel was van amptelike konsultasies wat tot die beskerming van werkgeleenthede gelei het. NEF het voorheen gesê hul insette tot hierdie gesprekke is nooit in ag geneem nie.

Mnr. Jacob Penda, Nafau se sekretaris-generaal, sê hulle ontvang elke uur briewe oor onwettige afleggings. Hy noem die geval van Safari Hotel waar meer as 170 werknemers amptelik sedert Vrydag 15 Mei hul werk kwyt is.

Penda sê hierdie afleggings druis in teen die regering se verbod.

“Aanvanklik wou hulle begin Mei afdank. Ons benader hulle sedert fase 1 van die inperking en hierdie week probeer ek nog om hulle in die hande te kry, maar hulle ignoreer my. Hulle wag vir die datum om te kom sodat hulle kan doen wat hulle wil. Ons het geen ander opsie as om stappe te neem sodat die kwessie gehoor kan word.

“Hulle tree met kwade bedoelings op. Tot vandag weet werknemers steeds niks oor skeidingslone, verlofdae of ander kwessies nie,” sê hy.

Me. Nellie Dina Kahua, sekretaris-generaal van NDAWU, sê huishoudelike hulp is weens Covid-19 meer kwesbaar as ooit.

“Ons word afgedank en gedwing om te gaan sonder dat daar met ons gepraat word, of sonder dat skeidingsloon of verlofdae ooit in ag geneem word nie. Die meerderheid is nie by die Maatskaplikke Voorsorgkommissie (SSC) geregistreer nie. Daar is talle sake by die ministerie van arbeid geopen,” sê sy.

Die drie vakbonde stem saam oor hul lys van eise: Diegene wat weens Covid-19 hul werk verloor het, moet heraangestel word; verlofdae moet aan werknemers gekrediteer word, salarisverlagings moet vergoed word, belasting wat van werkers afgetrek is, moet oorbetaal word; werknemers moet by die SSC geregistreer word en SSC-bydraes moet betaal word.

Hulle doen ’n beroep op die regering om selfs bedryfslisensies terug te trek vir veral mynbou-, visserye-, kleinhandel- en toerismemaatskappye wat nie die pogings ondersteun om werkgeleenthede te beskerm nie. “Ons soek hulle kwotas en diegene wat toemaak, se lisensies word benodig deur andere wat ons mense werk sal gee. Gee die lisensies terug,” sê Muniaro.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 198.29/OZ UP +0.34% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 440.90/T DOWN -0.64% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 895.17/OZ UP +0.03% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 198.29/OZ UP +0.34% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 440.90/T DOWN -0.64% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 895.17/OZ UP +0.03%