Vakbonde teen PPP's en advies
Vakbonde teen PPP's en advies

Vakbonde teen PPP's en advies

Buitelandse privaat beleggers wil neokolonialisme net uitrek, sê vakbondleiers.
Augetto Graig
Augetto Graig - Vakbonde het verlede week sterk standpunt ingeneem teen die regering se versoek vir die Wêreldbank se hulp met die ontwikkeling van Walvisbaai se hawe en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako.

Hulle is gekant teen openbare-privaat vennootskappe (PPP's) waar staatsbates betrek word wat nasionale veiligheid raak.

Die verteenwoordigers van Namibiese werkers eis dat die regering PPP-wetgewing terugtrek en dat hulle onttrek aan die ooreenkoms om die Wêreldbank om advies te vra.

Hulle dreig om aksie te neem indien dit nie gebeur nie.

Mnr. Job Muniaro, sekretaris-generaal van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), het namens verskeie plaaslike vakbonde gesê werkers in Namibië is stomgeslaan deur die regering se optrede met betrekking tot die bestuur en ontwikkeling van sensitiewe nasionale bates, soos die hawe en die internasionale lughawe.

Hy sê die ministerie van finansies se nadering van die Wêreldbank om advies oor die toekoms van dié belangrike instansies laat vakbondleiers verward, mismoedig en ontsteld.

Volgens Muniaro sou geen gesonde leier hul eie land so in gevaar stel nie.

Volgens hom is lughawens, grensposte en hawens sensitiewe veiligheidsbuffers vir enige staat.

“Verbeel jou die bou en bestuur van sleutelgedeeltes van sulke instansies word aan buitelandse maatskappye met hul eie belange oorgegee, met die verwagting van vinnige ekonomiese resultate. Dit is soos om te verwag dat mens die wind met die hand kan vang. Dit is ’n nuttelose droom en nie werd om met enige strategiese denkwyse te vergelyk nie,” sê hy.

PPP-kontrakte is soms tot ’n 100 jaar geldig, wat gelykstaande is aan die tydperk wat Namibië onder koloniale mag was en sy natuurlike hulpbronne geplunder is, sê Muniaro.

“Net omdat ons ekonomiese teenspoed in die gesig staar, beteken nie ons kan verwag dieselfde imperialiste en kapitaliste sou in ons land belê om ons ekonomiese ontwikkeling aan te help nie. Ons moet eerder verwag hulle sal met soortgelyke beleggings verskeie vereistes inbou wat hul soewereiniteit sal verleng en neokolonialisme sal uitrek,” sê hy.

“Ons veroordeel enige advies wat die gesamentlike bestuur van sleutel- en sensitiewe nasionale veiligheidsbates insluit ten sterkste. Ons het in die verlede die privatisering van openbare bates veroordeel en verwerp en ons herhaal dit,” het hy bygevoeg.

Ander vakbonde wat met die NUNW hieroor saamstem, sluit in die Namibiese Unie vir Voedsel en Verwante Werkers (Nafau), die Namibiese Vervoerwerkersunie (Natau), die Metaal- en Verwante Werkersunie van Namibië (Manwu), die Unie vir Namibiese Staatsdienswerkers (Napwu), die Namibië Nasionale Onderwysersunie (Nantu), die Mynwerkersunie van Namibië (MUN), die Namibiese Unie vir Finansiële Instellings (Nafinu), die vakbond vir plaaswerkers in Namibië (Nafwu), die Namibiese Unie vir Huishulpe en Verwante Werkers (Nsawu) en die Namibiese Musiekbedryfvakbond (Namiu).

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!